Van reënbuie en reënboë tot olifante: Obrigado, Mosambiek!
Die meeste reise na Mosambiek begin met ‘n chaotiese grenskruising by Komatipoort. Maar het jy geweet daar is ook ’n grenspos na dié buurland in die Krugerwildtuin? Hoe klink ’n strand- én bosveldvakansie? Kom toer saam langs dié minder bekende roete.