R 49.95 (Sluit verpakking en posgeld uit van R10.00)
WegSleep Oordgids 2011
Die 2011-uitgawe van WegSleep se jaarlikse Oordgids is eersdaags te koop. Dié breedvoerige gids bevat inligting oor gegradeerde en AA-aanbevole oorde reg oor Suid-Afrika, met GPS-koördinate en kontakbesonderhede vir elke oord.
Dit sluit ook ‘n sleepgids-afdeling van 11-bladsye in met opsommings van meer as 160 sleepwaens, karavane, boswaens en ryhuise tans op die mark.
Die Oordgids sal vanaf 6 Julie op die winkelrakke beskikbaar wees, maar jy kan nou reeds jou kopie bestel om te verseker jy loop dit nie mis nie. Voltooi die bestelvorm en ons pos jou eksemplaar sodra dit van die rolpers af kom!

