Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Nissan Hardbody


WIELE VAN DIE MAAND: November 2009
Nissan Hardbody 3.3 liter-V6 4X4, 2004-MODEL

’n Bakkie wat hy ken… Die Fords en Mazdas moes maar gaan slaap toe Dirk van der Westhuizen sy skoonpa se Nissan kon koop.
    
Ek het die bakkie in Junie 2009 gekoop met 70 000 km agter die blad – en hy het meestal op teer geloop. In die rukkie dat ons hom het, het ons al meer as 12 000 km afgelê! Ons het ook ’n paar grondpaaie verken, onder meer in die Sederberg en Swartberg.


Ek is ’n ywerige Weg- en WegRy-leser en het gevoel dis tyd om ’n 4x4 aan te skaf. Ek was eintlik op soek na ’n diesel-Nissan, maar het ook gekyk na die Mitsubishi Triton en Ford- of Mazda-diesel.
    ’n Diesel is mos soos ’n donkie – jy kry soveel meer uit hom as die pad moeilik raak én hy gebruik minder brandstof. Maar my skoonpa het besluit om sy petrolbakkie te verkoop en omdat ek die voertuig se verlede ken, het ek besluit om sy bakkie te koop.


Die klein dingetjies wat hom so gemaklik maak, soos die elektriese vensters en lugreëling. Die sitplekke is gemaklik en ondersteun ’n mens goed, veral as jy in die veld ry en die bakkie skud.
    Ek is ook beïndruk met sy veldryvermoë. Ek het hom nog nie baie in vierwielaandrywing gesit nie, maar die bietjie wat ek ervaar het, was uitstekend. Ander ouens met wie ek gepraat het, sê sy 4x4-be-kwaamheid gee ’n mens gemoedsrus op moeilike roetes. Ek wil die vakansie ’n 4x4-opleidingskursus bywoon sodat ek die volle potensiaal van die voertuig kan benut.


’n Mens sou dit beswaarlik ’n toermotor noem. My vorige motor was ’n Audi A4 en ek raak nog gewoond aan die bakkie – dis heeltemal anders, maar steeds gemaklik. As die pad mooi gelyk is, ry hy lekker.
    Ek probeer by die spoedgrens van 120 km/h hou, maar dit verg wilskrag! Hy “cruise” gemaklik so teen 140 km/h. Dis ’n plesier dat jy net jou voet kan neersit as jy ander voertuie verbysteek. Hy het so baie krag dat jy nie nog hoef te sukkel om ratte te wissel nie.
    Hy hanteer ook goed op grondpaaie, behalwe as die pad in ’n baie slegte toestand is. Omdat hy hard geveer is, spring hy effens rond en ’n mens moet klou om hom in die pad te hou.
    Ons vat dit maar stadig in sulke situasies. Dis in elk geval lekker om rustig te ry en die natuurskoon te geniet.


Ja. Hy’s beslis groter binne as die Ford en Triton waarna ek gekyk het. Die agtersitplek het genoeg beenruimte dat passasiers op lang ritte gemaklik kan sit.


’n Bietjie dorser as wat ek gedink het hy gaan wees. Sy gemiddeld is sover 12,8 liter/100 km. Ek dink die tenk vat so 80 liter en ek kry omtrent 640 km op ’n tenk op die langpad. In die dorp val dit na ongeveer 560 km.


Sy was aanvanklik skepties, veral oor die petrolverbruik. Maar ek dink sy is nou amper maller oor die voertuig as ek!


Darem nog nie. Sy brandstofverbruik is die enigste negatiewe punt.


Ek het al begin beplan om ’n doelgemaakte kappie te bou sodat ons in die bos kan kamp. Die manne wat weet en kan 4x4 ry, sê goeie dinge van Old Man Emu-vering, wat hom glo vaardiger in die veld maak. Ek wil dit laat insit, want ek het die bakkie juis aangeskaf vir daai moeiliker roetes.
 


Beslis. Hy’s groot, sterk en gebou om te hou. Dit bied beslis beter waarde as ’n nuwe Chinese bakkie. Hy’s ook taamlik bekostigbaar om te onderhou. Kyk net wat maak Nissan deesdae in die tydrenne. Dit sê baie van sy produkte.


Ander 4x4-ouens het Steve’s Auto Clinic in Montague Gardens, Kaapstad, aanbeveel om die bakkie te diens. Hulle diens is voortreflik en billik – ek kan hulle rêrig enige tyd aanbeveel. 
     Ek het voorheen ook ’n Nissan besit en ek kon toe nie fout vind met Nissan se diens nie.


Enjin
3 275 cc V6

Grondvryhoogte
220 mm

Tenkgrootte
84 liter

4x4-kenmerke
Agterste ewenaarslot

Topspoed
174 km/h

Krag en wringkrag
125 kW @ 4 800
265 Nm @ 3 60

Terug na wiele | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 8 Maart 2010 | 19:43:54

Ek het 'n 2005 3.0 Tdi Sel 4x4 D/C en ook die coversion laat doen - wat 'n plesier! Ek veruil hom vir geen ander bakkie nie. Net ongelooflik!

Gelewer op 10 November 2009 | 20:01:13

Ek self is n groot Nissan man.Myne is die 3L TD 16v 2004 model Staan nou op 185000 sonder n dag se moeilikheid,Ek het bietjie veranderings gedoen soos bv intercooler,2x ekstra bladvere agter ingesit en camil shocks voor. met n dubbel battery stelsel. met n bietjie groter bande wat my my meer grondvry hoogte gee asook n ARB Buffer.Ons ry baie in die Steelpoort area en kan beaam wat n vorige skrywer skryf. Met die intercooler is daar genoeg krag om my Jurgens Classique met gemak te sleep. Groete

Gelewer op 8 November 2009 | 17:49:06

Ek het dieselfde 2002 model bakkie en het 'n Vanderlinde conversion op hom laat doen. In 2003 het ek R8000.00 vir die conversion betaal. Dit was een van die beste dinge wat ek kon doen. Sy kilowats is opgestoot na 185kw (flywheel) en die wringkrag het drasties verbeter. Sy optimale wringkrag lê nou op 4000 rpm en sy optimale kilowats kry jy teen 5000 rpm. Ek het 'n explorer karavaan al die hele land vol gesleep en in 4de rat teen 120km/h is hy op die optimale wringkrag teen 4000rpm. (Terloops, ek sleep nooit in 5de rat nie - het my les al geleer met ander voertuie se ratkaste wat oppak agv 5de rat sleep). Die bakkie het nou net onder die 200 000km en gebruik nie 'n druppel olie tussen dienste nie. Na hy uit waarborg is diens ek homself en het nie 'n dag se probleme nie. Ek ry hom hard en hy het my nog nooit in die steek gelaat nie. Natuurlik raak hy baie dorstig as jou voet swaar op die versneller is, maar ek is beried om die prys vir die plesier en gerief te betaal. Ek het op 'n stadium 'n kontrak gehad vir die versiening van prospekteer bore in Mpumalanga ( Steelpoort - in die berge) Die plekke waar ek moes ingaan met 'n vol vrag olie op 'n pad wat deur 'n bulldozer gestoot is, laat die normale 4 x 4 roetes na 'n Sondagskoolpiekniek lyk) Sy 4x4 vermoeë is voortreflik.

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Soek Wielargiewe

Motortoerusting

Die Polo 1.6 TDI Comfortline is hier - en hy's 'n gawe outjie.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek