Ou ‘Skilpad’ reg vir die langpad


Mark (45), ’n elektrisiën, en Charry (44), ’n geleentheids­organiseerder, het besluit om uit Gauteng te verhuis en drie maande in die Suid-Kaap te gaan bly om hulle Isuzu-bakkie te herbou. Ongeveer R100 000 later is hulle nou reg vir hulle droomreis, ’n avontuur van die Kaap tot by die Rooisee en terug.


Mark: Ek is ’n elektriese kontrak­teur en het die bakkie 11 jaar gelede gekoop. Omdat ek baie
werk op modderige plekke in en om Gauteng moes doen, het ek ’n 4x4 nodig gehad.
Ek het dié een op ’n Burchmore’s-veiling vir R30 000 gekry – met 60 000 km op die klok. Dit was ’n winskoop, en toe kry ek nog ’n padwaardigheidsertifikaat in die paneelkissie!


Mark: Ek het nie die vaagste benul nie. Maar hy was in ’n baie goeie toestand.


Mark: Isuzu sal nie juis opgewonde wees hier­oor nie, maar dit was eintlik die prys wat die knoop deurgehaak het.


Charry: Toe dit nog Mark se werkesel was, het die ding nie eens ’n naam gehad nie. Maar ons het die afgelope drie maande soveel tyd aan haar afgestaan dat sy nou ’n “persoonlikheid” het.
     Vir die volgende paar jaar gaan dít ons tuiste wees! Ons noem haar nou Skilpad, omdat sy van Sedgefield af kom waar padtekens jou waarsku om op jou hoede te wees vir skilpaaie! Buitendien is sy net so stadig soos ’n skilpad én sy dra haar huisie op haar rug.
 


Charry: Ons is al een keer deur die Baviaanskloof en toe kuslangs verder Kaapstad toe. Die stuk tussen Addo en die Darlingtondam was nogal rof. Dit het vier uur geneem om 40 km af te lê.


Mark: Ons was twee keer in Botswana en Mosambiek met ons ou Mazda Drifter-dubbel­kajuit. En deur die jare was ons al ’n hele paar keer in die Namib.


Charry: Ons gaan deur Namibië ry en dan deur Botswana, Zimbabwe en Zambië, waarna ons ooswaarts deur Malawi en Tanzanië gaan padvat. Die res van die roete sal afhang van wat in sommige lande gebeur, maar ons plan is om deur Burundi, Rwanda, Uganda, Kenia, Ethiopië en Djiboeti te ry. Ons wou aanvanklik tot in Kaïro gery het, maar dan moet ons ’n deposito van R200 000 betaal vir ’n carnet de passage (’n dokument wat verklaar dat jy nie van plan is om die voertuig daar te verkoop nie). Hoewel ons darem die deposito in Suid-Afrika sou terugkry, is dit baie geld om net twee jaar te laat lê...
     Mark: Omdat ons nie juis haastig is nie, sal ons taamlik buigsaam wees. Die belangrikste
is dat ons dit gate uit geniet.
     Charry: Ja, as ons van ’n plek hou, sal ons sommer ’n week of twee daar bly.


Mark: Die feit dat ek met my elektriese onderneming nooit omkoopgeld betaal óf gevra het nie, het my beslis al duur te staan gekom, maar dis hoe ek dinge doen.
     Ons is nie haastig nie. As iemand sake vir ons probeer moeilik maak en ons moet ’n dag of drie daar by die grenspos sit, wel, dan trek ons net af en maak ’n koppie koffie. En kamp. En wag. Tog sal ek niks doen wat ons lewe in gevaar stel nie – ek sal die kat maar goed uit die boom kyk.


Charry: Ja, ek is mev. Superkoel Glimlag en sorg vir ’n goeie balans, want Mark kan soms nogal krapperig raak.


Charry: Ons het Amerika ook oorweeg, maar Afrika is ons plek. En dis naby. En ’n uitdaging.


Mark: Ons het ons woonplek in Farmall net buite Johannesburg verkoop en ’n bietjie belê.
En nou is ons wat hulle noem “S.K.I.N.”: Spend the Kids’ Inheritance Now! (Ons het twee dogters – Skye is 21 en studeer Chinese geneeskunde in Kaapstad terwyl Jade (19) rekenaarprogrammeerwerk in Johannesburg doen.)
     Ons begroting is sowat $100 per dag. Weg, en veral Toast se artikels oor hoe om goedkoop in Afrika te reis, het ons baie gehelp om goedkoop blyplekke en natuurreservate op te spoor.
Net so nou en dan sal ons vir iets spesiaals geld blaas – so ’n bederfie, jy weet. Charry wil byvoorbeeld in Rwanda graag na die gorillas gaan kyk. Omdat ek nie soveel daarin belang stel nie, sal ek maar verby hou.


Charry: Met ons Campmaster-vrieskas (die 95 liter-model) en ’n voorraad blikkieskos behoort ons tussen 10 en 15 dae aan die lewe te bly. Ons het ook genoeg Game-koeldrankpoeier, koffie, tee en poeiermelk vir drie maande, want ons weet sulke dinge is nie oral beskikbaar nie.
     Waar moontlik, wil ons die plaaslike kos eet. Dis mos deel van die plesier van reis!


Mark: Nee, ons Discovery-siekefonds gaan net vir die eerste drie maande geldig wees, en daarna moet ons sien kom klaar. Óf terugkom Suid-Afrika toe. Ons het ook geen voertuigversekering buite Suid-Afrika nie.
     Cherry [met haar regterduim in die lug]: Dís ons reddingsplan! Ons vat twee rugsakke saam – as dit al uitweg is, los ons vir Skilpad net daar en gooi duim.


Mark: Ons vat Skilpad se ou CV joints en CV boots saam – dis alles nog in ’n taamlike goeie toestand. Ons vat ook ’n paar gaskets, vonkproppe en filters. Maar dit maak nie saak wát jy inpak nie, iets anders sal breek!


Charry:
Baie min. Net so elke drie maande sal ons ’n bietjie vassit.
    Mark: Ons het juis laasweek ’n ligte meningsverskil gehad…


1. Meganiese regruk
Ons het Skilpad eers na ons vriend Dan Varoy van Auto King and Gearbox King in Randburg gevat. Hy het al die meganiese dinge nagegaan. Die enjin is uitmekaar gehaal en al die laers nagegaan; gelukkig was alles nog in ’n goeie toestand. Die remme was egter gedaan en ons moes ’n nuwe koppelaar en CV joints insit. Ons het sommer ook ’n kragtiger alternator ingesit sodat ons al die batterye (vir ekstra goed soos die yskas) kon laai.

2. Kappie en pakplek
Op George het ek en Charry die kappie se raamwerk gesny en op die bakkie gemonteer. Daarna het ons die laaie ingebou. Die groot laai kan 120 kg dra en die kleiner laai vir die vrieskas 60 kg. Al die laaie word aan die bakkie se agterkant uitgetrek, in die ruimte onder ons tent.
Ons het aluminium gebruik om die kappie so lig as moontlik te maak, maar die nadeel is natuurlik dat dit baie sag is. ’n Dief kan dus van die luike oopdwing. Daarom het ons besluit om die luike met ’n laserstraal te laat sny sodat dit perfek pas. Die kappie se slotte en gasstutte vir die deure het ons by Canopyman op George gekoop, en die panele vir die kappie het ons met klinknaels vasgesit.

3. Die bakwerk
Op Sedgefield het Deon Hanekom al die duikies uitgeklop en die bakkie in so ’n modderige safarigroen kleur oorgeverf (dit was eers wit).

4. Die drade
Skilpad se elek-triese stelsel is spesiaal: ’n 200 W-sonkragpaneel van 1 550 x 1 100 mm lê oor die voorste helfte van die kappie. ’n Spesiale toestel – ons noem dit ’n “maximum power point tracker” – sorg dat ’n mens die maksimum krag uit die paneel kry. Terwyl die enjin loop, laai die bielie van ’n alternator die batterye. Maar as ons by ’n plek kom met kragproppe, doen ons dit met ’n kragomsetter (’n “in-verter”). Die drie diepsiklusbatterye van 100 aH (ampère-uur) elk kan die yskas vir ’n hele paar dae aan die gang hou. Ons behoort dus altyd krag hê.

5. Nog ’n paar goed
Ons het ’n ekstra brandstoftenk van 85 liter agter die bestuurdersitplek ingebou, plus
’n watertenk van dieselfde grootte agter die passasiersitplek. Die water word deur ’n truosmosefilter gesuiwer, waarna dit met ’n kompressor na kraantjies gepomp word. Ons het hulpvere ingebou om te help met die ekstra 800 kg wat die bakkie nou dra, en ook Gabriel se Safari-swaardiensskokbrekers, domkragpunte en lugreëling laat aanbring. Die daktent het ons by Tentco op George gekoop.

Terug na wiele | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen verwante stories

  • Geen verwante stories...

Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Soek Wielargiewe

Motortoerusting

Stads-GPS. Helder, breë skerm

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek