10 Wenke vir tweedehandse wiele


Tien goed wat elke tweedehandse motor eienaar moet weet.
Vermy voetstoots
Jy skakel ’n beduidende risiko uit deur nié ’n motor privaat te koop nie. Jy kan wel ’n winskoop kry, maar die transaksie is dan voetstoets: Die verkoper gee jou geen waarborg nie en hy het geen reputasie in die bedryf wat hy moet beskerm nie.

Koop ‘nuut’ tweedehands
Soek ’n motor wat minder as drie jaar oud is; die meeste modelle vandag het ’n fabriekswaarborg van 3 jaar of 100 000km. Só kry jy darem ’n mate van beskerming indien daar iewers iets ernstigs skeef loop kort ná die transaksie.

Doen jou huiswerk
Maak jou somme voor die tyd en besluit hoeveel blare jy kan uithaal. As jy beplan om jou eie motor as deposito in te ruil, gan vra ’n paar ander handelaars hoeveel hulle jou daarvoor sal betaal.

Hoeveel kos hy regtig
Besluit vooraf watter model(le) jy wil koop en stel vas wat die markwaarde is. Webwerwe soos www.callacar.co.za en www.autotrader.co.za het ’n soekfunksie wat jou hiermee kan help.

Probeer die boekiewaarde kry
Handelaars hou nie daarvan om die “boekiewaarde” (die Mead &McGrouther-prysgids vir handelaars) van modelle met die publiek te deel nie, maar as jy ’n oom in die motorhandel het, bel hom.

Loop lig vir koopkoors

Moenie die eerste die beste motor koop nie. Gaan toetsbestuur twee of drie en besluit dan.

Soek die stempels
Doen sake met ’n handelaar wat hou by die RMI (Retail Motor Industry) se gedragskode of lid is van die IDA (Independent Dealers’ Association).
Dié twee organisasies vereis dat handelaars aan sekere vereistes voldoen wat kopers beskerm. Gebruik net handelaars wat deur die groot banke goedgekeur word.

Laat hom toets
Jy kan ’n motor se meganika deur die AA laat toets. Dit sluit toetse in om vas te stel of die kar al in ’n botsing was en of paneelklopwerk gedoen is. Dit kos sowat R700. Doen beslis ’n AA-toets as jy ’n spesifieke kar in gedagte het. Party handelaars laat hulle voertuie self deur die AA toets, maar probeer eerder om die motor self na die toetssentrum te neem.

Is hy dalk gesteel?
Die AA bied ook ’n diens, AA Autocheck, om vas te stel of daar uitstaande paaiemente op die voertuig is en of dit gesteel is. Anders kom besoek konstabels Venter en Dhlamini jou straks volgende week.

Bly weg van kode 3!
Kode 3 is bedryfstaal vir ’n motor wat afgeskryf en weer opgebou is. Die verkoopsman is verplig om jou daaroor in te lig en dit moet op die voertuig se registrasiedikument verskyn.

Terug na wiele | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Soek Wielargiewe

Motortoerusting

Stads-GPS. Helder, breë skerm

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek