Lees Weg op jou tablet... en spaar groot!
Elke derde rakker het mos deesdae ’n tablet, maar dis nie net om koel te probeer lyk nie – dié goed is rêrig nuttig. En as jy ’n Weg-leser is, kan jy elke liewe uitgawe daarop saamdra!
Ja, as jy inteken op Weg se elektroniese weergawe, dan hoef jy nie ’n hele stapel swaar tydskrifte saam te karwei nie. Alles is op jou tablet én jy kan inzoem op mooi foto’s, vinnig daarin rond-“blaai” en laat waai, Meraai!
Boonop is Weg die helfte goedkoper as jy op die elektroniese weergawe inteken – ja, jy kry 50% afslag! Teen slegs R15,50 per maand kry jy die nuwe Weg op jou tablet. Wanneer laas het iemand vir jou gesê jy hoef net halfprys vir iets te betaal?
Jy hoef ook nie meer nie poskantoor te stap nie, nog minder soek na die tydskrif in ’n winkel. Wat kan nou eenvoudiger wees? Gaan teken dadelik in vir die elektroniese weergawe by https://www.mysubs.co.za/magazine/weg
“Veral vir mense wat gedurig reis, klop min dinge soos om Weg op iets soos jou iPad te lees,” sê Barnie Louw, Weg-redakteur. “Dit maak die lewe net makliker – en die reis beter.”
Web: http://https://www.mysubs.co.za/magazine/weg
Gelewer op 4 Januarie 2013 | 04:31:45
das entweder oder ist der faslhce Ansatz. Moderne Technik schafft neue Chancen. Dies gilt auch ffcr das CI. Aber auch das CI ist nur eines von vielen Hilfsmitteln ffcr Gehf6rlose und Ertaubte. Die Gebe4rdensprache ist ein Weiteres. Beides wird benf6tigt und muss geff6rdert werden, denn ein CI macht aus einem Gehf6rlosen keinen Hf6renden.
Gelewer op 4 Desember 2012 | 11:16:21
Is daar nie 'n ander leser beskikbaar nie? Ek vind dat tydskrifte op Mysubs stadig is om in "fokus" te kom wat die ondervinding niks lekker maak nie. Selfs op my rekenaar met 'n i5 verwerker. Zinio se leser daarenteen is baie beter. Terloops, ek kan glad nie tydskrifte eers oopmaak op my 7 duim tablet nie.
Gelewer op 28 November 2012 | 17:51:22
Is dit moontlik om my bestaande intekening om te skakel na Digitaal? Gaan WerRy ook Digitaal beskikbaar raak?
Nog resultate: Bladsy | 1 | 2














Kommentaar