Stakings by Krugerwildtuin


zoommore

Datum: 17 Febuarie 2012

Besoekers aan die Krugerwildtuin wie môre (Vrydag 17 Februarie, 2012) die park wou binnegaan deur die Paul Kruger-hek word aangeraai om eerder van alternatiewe ingange gebruik te maak. Stakende werkers beplan ‘n optog na hierdie hek en dienste sal vermoedelik onderbreek word.

Die optog sal rondom 10uur begin en sal waarskynlik vertragings by die hek veroorsaak.

Nasionale Parke raai gaste aan om die ingang voor die afgesproke tyd te gebruik, of dit heeltemal te vermy. Volgens mnr. William Mabasa, skakeloffisier en hoof van kommunikasie vir Sanparke, word ander nabye ingange soos Phabeni-hek nie deur die staking beïnvloed nie.

Mnr. Mabasa vra by voorbaat om verskoning vir die ongerief wat die staking moontlik sal veroorsaak.

Nog hekke wat nie beïnvloed word nie en dus gebruik kan word is Krokodilbrug, Malelane, Numbi, Orpen, Phalaborwa, Punda Maria, Pafuri en Giriyondo-hek

Terug na wat's nuut


Kommentaar

Gelewer op 8 Maart 2012 | 06:40:05

Ek hoop dat die renoster stropers ook staak!

Gelewer op 19 Februarie 2012 | 11:15:31

Wel dit is hartseer as n mens dink dit is die veldwagters wat na ons erfnis omsien.

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Soek - Kalenderargiewe



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek