Kruger: Vlugtende bok tref motor

Hierdie bosbok is platgetrek kort nadat hy teen 'n motor vasgehardloop het in die Krugerwildtuin, naby Laer-Sabie. Die fotograaf meen die bok was besig om te vlug van die luiperd toe die ongeluk gebeur het. Geen van die insittendes is beseer nie, hoewel die motor beskadig is.
Datum: 3 Augustus 2010
Die Weg-leser Piet Steyn glo hy het die doodsnikke van ’n ‘fratsongeluk’ verfilm toe ’n luiperd onlangs ’n bosbok platgetrek het.
Die bok het eers met ’n klipharde slag in ’n motor op ’n pad in die suide van die Krugerwildtuin vasgehardloop voordat hy oomblikke later deur die luiperd toegetakel is.
Piet skryf: “Ons het Sondag 18 Julie van Krokodilbrugkamp af na Onder-Sabie gery. Ons drie mans was voor met ons Mitshubishi en die drie vroue agterana met my suster se Mercedes A170. Sowat 5 kilometer voor Onder-Sabie hoor ons die geweldige slag. My swaer Leon het gedink dis dalk iemand se band wat gebars het.”
Piet-hulle het omgedraai en gaan kyk wat gebeur het: “Skoonsus Lucia seg ’n bosbok het in die agterdeur vasgehardloop.”
Lucia het gister aan Weg vertel hoe die trefslag gevoel het: “Ek het net die horings uit die hoek van oog gesien… dit was ’n vreeslike slag.”
Foto’s van die Mercedes toon die duik wat die bok teen die agterste deur gemaak het.
Lucia, van Komatipoort, wat ook ’n erewildbewaarder is, dring toe daarop aan dat hulle terugdraai en gaan kyk of die bok dalk beseer is. Skaars omgedraai het hulle egter op ’n veel verrassender toneel afgekom: Dié van ’n luiperd met sy tande diep in die bok se keel geslaan.
“Ons vermoed die luiperd het die bosbok gejaag en in die wegholslag het hy in die motor vasgehardloop,” verduidelik Piet.
Gelewer op 27 Augustus 2010 | 13:30:43
Wonder net hoekom oom Piet vir ons almal wil vertel hoe hy in si Mitshubishi ry en die vroue in hulle Mercedes "A170". Wat het dit met die storie uit te waai!!!
Gelewer op 3 Augustus 2010 | 17:12:00
Glo my dit is waar. Ek was die bestuurder van my eie motor. R16 000 later is my motor amper herstel. Dit was 'n rare/nare ondervinding. As ek alleen in die motor was sou ek seker ook by Onder Sabie gestop het en ek sou nooit die raaisel kon oplos nie. Groete Mart.













Kommentaar