Ponta brand, maar jy kan nog duik
Hoewel drie gewilde duikoorde in Junie by Ponta do Ouro in Mosambiek afgebrand het, kan jy steeds oor die grens glip en gaan duik.
Drie oorde, The Whaler, Dolphin Encountours en Simply Scuba, het afgebrand nadat ’n besoeker glo ’n kers omgestamp het.
Peter Wille van Dolphin Encountours en Hilton Jessiman van The Whaler sê egter dinge het nie veel verander nie. Gaste wat voorheen by die lodges tuisgegaan het, bly nou in gastehuise en ander blyplekke in die omgewing.
Albei oorde sê hulle wil herbou, maar hulle wag om by die regering te hoor waar en waarmee hulle mag bou.














Kommentaar