Buffel trap stapper dood in Bergkwagga- nasionale park

Die park se sowat 350 bergkwaggas wei oral in die park, maar hier op Rooiplaat is jy byna gewaarborg om hulle te sien.
’n Man is dood, twee vroue en ’n tweede man beseer toe ’n buffelbul hulle op ’n staproete in die Bergkwagga- nasionale park aangeval het.
Luidens ’n verklaring van Sanparke het die voorval Maandag om 11.15 vm. op die Imbila-staproete plaasgevind.
Die buffel het die twee paartjies wat saam gestap het, kort ná hulle vertrek agterna gesit. Een van die stappers het hulp ontbied en die park se personeellede het die noodhulpdienste gekontak en na die toneel gegaan.
Die beseerdes is ’n halfuur later na die naaste hospitaal in Cradock geneem vir behandeling.
Wildbewaarders het na die buffel gaan soek; hy sal uitgesit word.
Die parkbestuurder, Lesley-Ann Meyer, het gesê sy is geskok deur die voorval en haar medelye aan die familie van die oorledene uitgespreek.
Alle staproetes in die Bergkwagga- nasionale park is tot verdere kennisgewing gesluit.
Gelewer op 21 Julie 2010 | 17:16:37
Ons innige simpatie aan die familie en vriende. Ons was 'n week voor die voorval ook in Bergkwagga Park. Ek vind dit vreemd dat die normale beleid, dat jy nie uit jou voertuig mag klim nie, ook in hierdie park van toepassing is - maar dat besoekers toegelaat word om sonder 'n veldwagter rond te loop. Daar is selfs oornag hutte waar voetslaners kan oornag - ook sonder 'n veldwagter.
Gelewer op 17 Julie 2010 | 10:15:16
As 'n natuur-liefheber en diere , wil ek graag kommentaar lewer , oor die voorval wat hom toegeneem het op Berg-kwagga nasionale parke. Eerstens , as ek 'n plek betree wat ek gevaarlik vind , loop met 'n veldgids saam.As die veldgids teenwoordig was so hierdie ding nie gebeur het nie.My mede gevoel vir die naas-bestaandes God sal altyd met julle wees.
Gelewer op 13 Julie 2010 | 09:58:23
Ek stem absoluut saam met wat al hier gesê is. Wanneer gaan die mens leer dat wanneer jy in die natuur stap, jy die DIERE se gebied betree. Is dit so moeilik om te verstaan. Ek is jammer vir die lewe wat in die slag gebly het. Nou word dit afgemaak as moord want hoekom word die dier nou doodgemaak? Dit was bloot 'n ongeluk. As dit dan 'n oog vir 'n oog is, hoekom loop al die verdomde moordenaars nog rond? Ek is regtig hartseer dat diere so onnodig doogemaak moet word. Ek het nie woorde om te beskryf hoe ek daaroor voel nie. Kanada wil meer as 200 000 robbe doodmaak. Namibia maak duisende robbe dood. Die natuur word deur JULLE/ONS/DIE MENS vernietig. Stop in hemels naam daarmee. Wie sê in elk geval hulle het die regte Buffel gekry wat die ongeluk veroorsaak het. Ja, dit was 'n ONGELUK!!!!!!!!













Kommentaar