Driekuns vir Toast!

Weg het weer uitstekend gevaar by Media24 se jaarlikse "Oscars" vir joernalistiek. Toast Coetzer het 'n sonderlinge driekuns behaal en Dana Snyman het die prys gekry vir die beste artikel.
Weg het gisteraand weer uitstekend gevaar by Media24 se jaarlikse “Oscars” vir joernalistiek.
Toast Coetzer het ’n sonderlinge driekuns behaal:
• Beste Rubriekskrywer vir “Ek stoot aan van Punt A na Punt B”, ’n rubriek oor hoe hy van die Kgalagadi na Douglas ry (Weg #50).
(Volg die skakel hiernaas en klik op Podcasts om na dié rubriek te luister. Na podcast.)
• Beste spesialisverslaggewer: Vir onder meer Toast se hantering van “Die Mense se Lense”, die afdeling waar hy Weg-lesers se foto’s beoordeel.
• Joernalis van die Jaar. Toast skryf rubrieke en artikels, in Afrikaans en Engels, en is boonop ’n uitstekende fotograaf. Hiervoor wen hy die groot prys: Media24 se Joernalis van die Jaar.
Dana Snyman het die prys gekry vir die beste artikel vir “Soebatsfontein sing sy laaste Psalm” (Weg #49), ’n pragtige vertelling oor die NG Kerk op dié Namakwalandse dorpie wat sy deure sluit. Dana het ook die foto’s vir dié ontroerende artikel self geneem.
Geluk met die welverdiende erkenning!
* Hou die Wegwerf se podcast-afdeling dop vir ’n onderhoud met Toast.













Kommentaar