Teflontekkies: Hi-Tec Ion-mask
Toe Hi-Tech verlede jaar vir my ’n paar Ion-Mask-stewels gestuur het, was ek effe skepties. Waar’t jy nou al gehoor van ’n onsigbare lagie op ’n leerskoen wat 100% waterdig is en die leer nog steeds laat “asemhaal”?
Maar dit werk. Jy kan in ’n poeletjie staan met die stewels; jou voete bly droog. Omtrent niks kleef ook aan dié lagie nie, amper soos met ’n Teflonpan. Modder, stof, rooiwyn, tweeminuutnoedels…
niks sit vas nie.
Prys: Van R700 tot R1 000, na gelang van die produk
Kontak: Hi-Tec
Weg sê: Jy het die V-Lite-lagie aanvanklik net op Hi-Tec se Altitude-stewel gekry, maar dis nou uitgebrei na laaggesnyde stewels en drafskoene.




















Kommentaar