GSI Outdoors 0,9 liter - Java Press
Dié ramkat werk presies net soos jou dompelaar by die huis, maar pleks van glas is dit gemaak van plastiek wat nie kan versplinter nie (BPA-vry, natuurlik).
Jy kan dit dus in die buitelug gebruik sonder dat jy dit soos ’n porseleinpop hoef op te pas. Dit kan nie in jou rugsak platgedruk of in die ammokis agterop die bakkie flenters geskud word nie. Ek was beïndruk met hoe goed die Java Press werk: ’n Plunger laat soms koffiemoer deurglip, maar hierdie een het byna geen afsaksel onderin my koffiebeker gelos nie.
Maar... as jy die dompelaar insit, maak seker die pyltjie aan die bopunt is in lyn met die tuit van die beker, anders sal jy nie die koffie kan skink nie.
Prys: R330 by DueSouth
Kontak: 021 938 1911; www.duesouth.co.za
Weg sê: As die Titanic só stewig gebou was, sou Leonardo di Caprio vandag nog kameerolle vertolk het.
(Nota: Prys akkuraat Oktober 2010)





















Kommentaar