Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Saamry-ablusiegeriewe


Opslaan stort
zoommore

Opslaan stort

1. “Swamp-Donkey”-bosgerief
Toe ek nogmaals kla oor die middeljarige bene en stywe heupe wat sukkel as die natuur roep het my sware hierdie apparaat gemaak. Ons “Swamp Donkey” het al ver paaie saamgery. Die gewone hout-toiletsitplek is gemonteer op opvoubare pote en slaan netjies plat vir die wegpak. Hierdie kontrêpsie is stewig, ’n gemaklike hoogte, en sindelik. Noodsaaklike bosbesoeke is nou puur plesier!

2. Langeraat, Donkie se Maat
Hierdie graaf word saam met die “Swamp Donkey” die wildernis ingedra. Die papier-rol glip netjies oor die gemodifiseerde handvatsel om dit (die toiletrol, nefie) mooi skoon en droog te hou. Nadat die nodige holte gegrawe is, word die graaf staangemaak tot sake afgehandel is. (Dra die vuurhoutjies om die papier te verbrand sommer in jou sak saam, moet net asb. nie die veld aan die brand steek nie.)

3. Emmer Automaid
Vul ’n ruim, stewige emmer met koue water,’n paar skeppe kouewater-seeppoeier, en verseël met ’n styfpassende deksel. Dompel vuil klere in en maak stewig iewers in of aan die voertuig/sleepwa vas.
Ry nou sinkplaatpad en slaggate met die wete dat al word die kar dalk verniel, ten minste kom die wasgoed skoon. Met aankoms by volgende kampplek kort die wasgoed net ’n deeglike uitspoel en ophang. (Los die strykyster tuis!)

4. Stort sonder sukkel
Hierdie is ook my swaer Bert Neethling se patent. Die stewige opvouraam word aan ons boswa vasgeklem, en die gordyn aangehak. ’n Standaard watersak hang bokant, gevul met koue of warm water, afhangend van weersomstandighede. Daar’s tot ’n seepbakkie en rakkie wat aan die raam haak.

5. Ma se Stoffer (en ek voel vere as hul lag)
’n Gewone verestoffer word onder die voorste passasiersitplek gebêre, en kom blitsvinnig te voorskyn wanneer ons stilhou. Daardie dik Afrika stoflaag, wat soos ’n poeierwolk oor die kar en sleepwa neergesak het, word woerts-warts afgestof, sodat al die kampgoed
 


Kommentaar

Gelewer op 2 April 2010 | 17:27:43

Gebruik 'n ''Stery Nappy'' emmer. Die emmer is stewig en die deksel sluit dig. Maak 'n eenvoudige sitplek van saamgepersde hout wat op die oop emmer pas. Gooi 1/3 vol water en voeg die chemikalieë by wat vir woonwa toilette gebruik word by. As die emmer gebruik moet word, haal die seel deksel af, sit die sitplek op en Whala. 'n gemaklike toilet wat in jou tent gebruik kan word sonder moeite. Om skoon te maak, loop in die veld in, grawe 'n gat, gooi toilet uit en maak gat weer toe. As die kamp opgebreek word word emmer uitgewas en kan dan gebruik word as pakplek vir dinge wat nie hulle neus sal optrek vir die emmer nie. Lekker lees Oompie

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen verwante stories

  • Geen verwante stories...

Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Search Equipmentarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek