Vir die kampkombuis
As spasie en pakplek in jou kampkombuis 'n probleem is, gebruik 'n groentemandjie wat op mekaar stapel. Die onderste rakkie vir die messegoed, jou laaisorteerder pas gemaklik daarin, die middelste rak borde, en boonste rak jou glase. Gooi jou vlieënet bo-oor (die nette wat ons nog vir die tee of tafel gebruik) om al die goggas en "geggo drops" (regtig!!) uit te hou. Dis nou as jy soos byvoorbeeld in Mosambiek kamp in daai casethas. Jou kombuistafel het dan nog genoeg werk plek.


















Kommentaar