First Ascent Equilibrium-baadjie
Een tekortkoming van ’n pluisstofbaadjie is dat dit nie juis wind uithou nie. ’n Oplossing is ’n windjekker of reënjas bo-oor.
Dié kombinasie werk soos ’n droom vir ’n middag op Loftus, maar raak ongemaklik as jy aktief is. Dis dan wanneer jy ’n sogenaamde sagteskilbaadjie (of “soft shell”) nodig het. Dié baadjies is digter geweef en het gewoonlik ’n waterwerende lagie.
Die Equilibrium, First Ascent se dunste en ligste model, werk byvoorbeeld goed vir fietsry.
Prys: R700 by First Ascent
(Nota: Prys akkuraat in Junie 2010)
Kontak: 021 787 9380; www.firstascent.co.za




















Kommentaar