Argief - Soek enige artikel uit Weg!

LK’S-pizzabraaiplaat


Dit werk net so lekker saam met "n Weber en dan hoef jy nie eens die koepel op te sit nie. Dieselfde geld vir jou oond by die huis.
zoommore

Dit werk net so lekker saam met 'n Weber en dan hoef jy nie eens die koepel op te sit nie. Dieselfde geld vir jou oond by die huis.

Pizza oor die braaivleisvuur klink dalk vir jou soos die kosramp van die jaar, maar nou het die ouens by LK’s met dié pizzabraaiplaat vorendag gekom wat sal keer dat jy jou naam krater maak.

Die pizzabraaiplaat bestaan uit ’n  basisplaat (31 cm in deursnee) met ’n koepel (42 cm in deursnee en 17 cm hoog) wat bo-oor die basisplaat pas.
Die basisplaat het gaatjies sodat die hitte van die kole kan deurkom terwyl die koepel die hitte aan die binnekant vasvang, amper nes ’n  regte pizza-oond.

Die pizzabraaiplaat kan op enige soort braai – hout, brikette of gas – gebruik word en binne sewe minute het jy ’n pizza met ’n  lekker bros kors.
Die braaiplaat is draagbaar – vat dit saam wanneer julle gaan kamp en verras die kinders langs die vuur met hulle gunstelingkos.

Prys: R400 by LK’s Braais & Accessories
(Nota: Prys akkuraat in Junie 2010)

Kontak:
021 905 0640; www.lks.co.za


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Search Equipmentarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek