Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Bolon-kampmat


Kry jy nie die grootte wat jy soek nie? Geen probleem nie. Die materiaal rafel nie as jy dit sny nie - vat dus "n skêr en sny dit so groot soos wat jy dit wil hê.
zoommore

Kry jy nie die grootte wat jy soek nie? Geen probleem nie. Die materiaal rafel nie as jy dit sny nie - vat dus 'n skêr en sny dit so groot soos wat jy dit wil hê.

Ja, ek weet “kampmat” klink soos ’n fênsie woord vir ’n grondseil, maar glo my, as jy eers oor een van ierdie meneermatte gestap het, gaan jy dit ook nie ’n “grondseil” noem nie.

Jy gooi dit wel net soos ’n ewone grondseil onder jou tentafdak of gazebo sodat jy ’n skoon, gelyke en gemaklike oppervlak vir jou kampmeubels en kaal voete het.
Maar Bolon se kampmatte is net dunner en ligter as ’n gewone grondseil – en gevolglik makliker om in te pak. En omdat dit geweef is, is dit sagter onder jou voete.
Jy kan kies tussen ’n lig- of diggeweefde mat – eersgenoemde sal nie gras doodmaak as dit vir lank op een plek lê nie, en laasgenoemde is bedoel vir sanderige of vuilerige staanplekke. Al twee is beskikbaar in drie groottes.

Prys: R1 300 (2 x 3 m), R1 600 (2,5 x 3 m) en R2 250 (3 x 5 m) by Stable Marketing.
(Nota: Pryse akkuraat in Mei 2010)

Kontak: 021 593 5540; www.stablemarketing.co.za
 


Kommentaar

Gelewer op 3 Januarie 2012 | 20:38:33

Hi Is hierdie kampmatte nog beskikbaar en is daar verspreiders in Johannesburg? Karen

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen verwante stories

  • Geen verwante stories...

Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Search Equipmentarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek