Emmer met belofte
LEISURE QUIP- OPVOUBARE STORT
’n Swaartekrag-kampstort kan ’n tentvakansie aansienlik gemakliker maak. Leisure Quip se nuwe stortemmer hou 15 liter water, maar vou mooi klein op wanneer jy verder wil toer. Die bek is ook lekker groot sodat jy nie sukkel om dit vol te kry nie.
Maak dit vol met warm water as jy jou silwerskoon wil skrop, of gebruik koue water om op ’n warm somermiddag af te koel. Al wat jy dan kort is ’n stewige paal of tak het waaraan jy dit kan hang.
Prys: R180 by Campworld
Kontak: www.campworld.co.za
Weg sê: Jy kan ’n opslaan-toilettent ook as ’n storthokkie gebruik. Dit kos R430 by 4x4 Megaworld.























Kommentaar