Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

'n Selfgemaakte kampkombuis


Die kombuis het vir Oscar sowat R1 500 gekos om te bou.
zoommore

Die kombuis het vir Oscar sowat R1 500 gekos om te bou.

Ons het nou al ‘n paar keer gaan kamp met die kombuis en dit is ongelooflik hoe lekker dit werk.

  • Die kombuis hardloop op sy eie wiele wat pas tussen die riffels van die bakkie se bak.
  • Ek trek die kombuis uit ver genoeg sodat dit oor die bakkie se klap hang en dan sit ek die kas se twee verstelbare pote in. Dan trek ek die kas uit sover as wat ek wil en hy staan lekker stewig (soos op die foto). Een persoon kan dit doen sonder enige hulp.
  • Ek maak gebruik van die bakkie se klap as ‘n werksoppervlakte met ‘n stuk “hardboard” wat gesny en geverf is om presies te pas. Dit help ook dat die kas lekker loop as ek hom in of uit trek.
  • Die kombuiskas het handvatsels aan beide kante en kan maklik uit die bakkie gehaal word om op sy eie pote te staan. Die kombuiskas staan dan gelyk met die bakkie se klap wat jou dan amper 2,5m se werksoppervlakte gee. Die kombuis kan dan ook maklik in ‘n tent staan sou dit reën.
  • Die gasstoof is vas aan die kombuiskas en daar is plek vir twee nr 3 gasbottels binne die kas (goed geventileer met gate agter in die kas).
  • Die boonste vier laaie se hoogte is so gemaak dat ‘n 2 liter roomysbak mooi daarin pas. Dit beteken ons kan kos en eetware stofdig hou.
  • Die deurtjie onder die stoof maak ‘n kassie oop wat ook 4 wynrakke het waar ek veilig my bottels wyn kan stoor en mee kan rondry sonder dat dit breek.
  • Die hele kombuis gly dan in sy eie boks wat vas is binne die bakkie en wat dit maklik maak om die kombuis uit te trek, al is die bakkie vol bagasie gelaai. Dit maak dit lekker as ek iewers langs die pad wil stop en ‘n piekniek wil hou (water wil kook vir my koffie) of net om by my kos uit te kom.
  • Die kombuis het my ongeveer ‘n R1 500 gekos om te bou. 
     

Kommentaar

Gelewer op 12 April 2010 | 18:11:44

So werk 'n BOER se kop mos. Moenie my slaan nie, maar ek sou die kombuis 'n bietjie laer gemaak het, sodat ek die bakkie 'n tweede vloer kon gee ongeveer op die vlak waar die bak se rand eindig. Dit sal wel die komnnbuis ietwat inkort, maar die gerief skep dat alles wat op die boonste verdieping gepak word (tent, stoele, vuurmaakhout, kampstoof ens) maklik bekombaar is. Ek het vir myself so 'n stelsel ontwerp, en dit werk soos 'n bom. Al wat nog nodig is is 'n potstofie, waarvan ek julle ook kan vertel as julle belangstel

Gelewer op 4 Maart 2010 | 14:36:28

wragtig dis nou n oulike idee!!!!!!

Gelewer op 8 Desember 2009 | 15:36:12

mmm, dink jy moet die planne verkoop vir hierdie kampkombuis!! :D

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante stories

Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Search Equipmentarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek