Subaru Forester


Die Subaru Forester is gebou vir grondpaaie met slote, sanderige kolle en klipskuinstes.
zoommore

Die Subaru Forester is gebou vir grondpaaie met slote, sanderige kolle en klipskuinstes.

Die Forester se syspieëls is só gevorm dat jy met een oogopslag "n wyer deel dek as met "n konvensionele spieëltjie. Tot siens, blinde kol.
zoommore

Die Forester se syspieëls is só gevorm dat jy met een oogopslag 'n wyer deel dek as met 'n konvensionele spieëltjie. Tot siens, blinde kol.


In my vorige lewe het ek gehou van deeglike, duursame, onopwindende voertuie. Rygoed. Nie goed waaroor jy liries raak nie. En veral nie waarop jy onnodig geld
bestee nie.
    Totdat hierdie wolk-op-wiele met die ses sterretjies en die naam Subaru Forester op my pad gekom het.
   Waar het dit begin? By die lus vir die wildernis, nog wilder gemaak deur Wild (die tydskrif wat ons namens Sanparke se Wild Card uitgee). Saam met die drang om uit die bloute op ’n Saterdag te besluit: Nóú ry ek De Hoop of Sederberge toe. Sonder om vooraf te beplan of te bespreek. In die kar en daar gaat ek. Skud ’n tent naby die ablusieblok uit en begin leef.


Ek het dit oorwoë en hardop só geformuleer: “Ek dink ek het ’n 4x4 nodig.” Vir mense wat my goed ken, kon ek net sowel gesê het: “Ek het ’n gat in my kop nodig.”
     Gelukkig ken my man my nóg beter. Op ’n dag sê hy toe luiters: “Daar staan ’n 4x4 by Subaru in Kaapstad. Hy’t jou naam op. Gaan kyk daarna.”
     Om ’n lang storie kort te maak: Die volgende dag daag Tiaan van Subaru met die Forester by ons kantoor op. Hy’s in ’n uitstekende toestand en die kleur praat al van ver af met my. Newport Blue Pearl. Pragtig.
     Plus: outomatiese ratkas (pas my bestuurstyl). Plus: Dis nie splinternuut nie (pas my sak ook). Plus: volledige diensrekord.
    “Kom ons ry na die Rhodesgedenkteken,” sê Tiaan. Maar dis nie eintlik nodig nie. Nog voor ons uit die parkeerterrein weg is, het ek klaar my hart verloor. Só ’n kar het ek nog nooit bestuur nie.

Maak toe


Dis soos om met ’n goed geskoolde ryperd op galop te gaan: ’n stroom van krag wat jou meevoer. En jy weet daar’s nog méér waar dié vandaan kom.
    Daarby voel jy so gerus soos op die rug van ’n Basotho-ponie in die Maluti’s. Trefsekuur tussen die klippers deur. Volkome betroubaar. Onnabootsbare presisie. Só ken ek Japannees se kind.
Tiaan van Subaru het verduidelik van die Boxer-enjin se werking (wat goed genoeg was vir Kamikaze-vlieëniers, behoort goed genoeg te wees vir my), die manier waarop die vier wiele vanself weet waar om te trek en waar om skiet te gee, die stabiliteit, vastrap, padhouvermoë, veiligheidseienskappe (dubbele lugsakke, ’n raamwerk wat soos ’n staalkokon om jou sluit).
En met my hand op my hart kan ek sê: Hy’t die waarheid gepraat. In die paar maande dat ons die Forester het, is ons die berge in die Bergkwaggapark uit, slote by Addo deur en kronkelpaadjies van die Outeniquaberge uit. En almaardeur was die Forester “sagbrommend van innig genot”, soos die digter dit eens gestel het.
    Vir dié storie in Weg het ons aan die Weskus gaan foto’s neem by Tietiesbaai en Trekoskraal. Ons was al twee keer tevore by Trekoskraal. Die eerste keer was dit ’n wilde, stamperige rit met ’n gewone motor deur die driffies en oor die klipbanke. Die tweede keer het ons in die sand vasgeval.
Met die Forester het ons gestry oor presies waar ons tevore vasgeval het en het ons skaars geweet van die slote, die klipbanke en die skuinstes.
     Maar as jy dink die Forester ry lekker op grondpaaie en sandspore, dan seil hy oor die teer. En oor die slaggate in die teerpaaie.

Maak toe


Beslis. Die kere dat ek in die reën en op sandpaaie gery het, was daar ’n vertroostende vastigheid in die manier waarop die Forester die pad gevat het.
    Maar die plek waar hy my nog die heel veiligste laat voel, is daagliks by die Soutriviersirkel, in spitsverkeer, tussen die taxi’s en busse en karre en motorfietse en perdekarretjies deur. Blitsige versnelling. Haarfyn remme – glo te doen met die ABS-remme se vier sensors en die elektroniese remkragverspreiding.

Maak toe


Meer as wat ek nodig het. Daar’s plek vir ’n boks wyn en kruideniersware en klere en boeke en ’n slaapsak; dít weet ek reeds. Binnekort sal ek kan laat weet hoeveel plante ek agter kan inlaai.

Maak toe


Ons het mooi boek gehou toe ons Addo toe was en ook Paternoster toe – en ’n gesonde 9,3 liter per 100 km gekry.

Maak toe


Ná vier maande kry ek steeds verrassings. Party daarvan lê in die ontwerp, die uiterlike. Klein besonderhede wat die Forester mooi afrond. Soos die deurruite sonder raam. Baie gesofistikeerd.
Ander lê in die tegnologie: daai outomatiese temperatuurbeheerder en ontwasemer. Jy hoef nou nie meer die lugversorger heeltyd te sit en verstel nie. Nou te koud, dan weer te warm. En om te beleef hoe die wasem teen die ruite vanself opklaar as jy op ’n koue reënaand op pad huis toe vir ’n pizza gestop het, is meer as indrukwekkend.
    Ander verrassings was daardie spiëels (tru- en aan die kante) wat soos die Alsiende Oog amper geen blinde kolle toelaat nie.
    Maar die lekkerste is waarskynlik die geriefies waaraan net die land van geisjas sou kon dink: Die waterwerende bekleedsel, die hoofligte wat vanself saam met die enjin afskakel, die ekstra bêreplekkies in die kajuit, die CDspeler wat ses CD’s hou (van die Kaap tot in Kakamas, as jy reg kies), die ekstra 12V-kragprop in die bagasiebak, mét ’n netjiese vadoekreling. Dit kan jou ure lank besig hou om te dink wat jy daar gaan inprop. Yskassie? Leeslamp? Mikrogolf? Haardroër?

Maak toe


Twee goed: Die deure wat nie vanself sluit nie, en daardie irriterende geskree as ek nie binne 30 sekondes my sitplekgordel vasmaak nie.

Maak toe


My Forester het nog nie ’n diens nodig gehad nie, maar die diens rondom die verkoop was uitstekend, flink en persoonlik. Hoewel ek ’n droë vonkelwyn sou verkies het bó die soete...

Maak toe


Wat praat jy? Hulle kan my maar in dié kar ter ruste lê. Nie eens ’n Porsche, Lamborghini of ’n Alfa Spider sal my laat wankel nie. Maar miskien darem ’n New Holland-trekker of een van daardie Scania R500-menere.

Maak toe


Enjin
2457cc (121 kw en 225 nm)

Amptelike werkverrigting
Meer as wat ’n vrou kan begeer.

Grondvryhoogte
200mm

Petroltenk
60 liter

Tenkafstand
om veilig te speel - 600 km

Topspoed
185 km/h

Maak toe

Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Equipmentarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek