Natural Instincts Hotel-tent


"n Nylontent is "n goeie keuse as jy min plek het, nie swaar wil dra of "n fortuin wil bestee nie.
zoommore

'n Nylontent is 'n goeie keuse as jy min plek het, nie swaar wil dra of 'n fortuin wil bestee nie.

Die Weg-leser Brandt Kritzinger het ’n ruim gesinstent gesoek wat nie sy banksaldo (of rug!) sou breek nie.

Hoekom het jy hierdie tent gekies?
Dit bied goeie waarde vir geld, is groot genoeg vir my gesin en pas in my kar se bagasieruim.

Waarvan is dit gemaak?
Nylon. Die binnelaag is ’n kombinasie van nylon en muskietnet.

Waarvan hou jy?
Dit het drie vertrekke met baie ruimte: Twee dubbelbed-opblaasmatrasse pas in elke vertrek én daar is pakplek.

Enige besware?
Ja. Daar is twee dakvensters en as die son direk inskyn, verander die tent in ’n  bakoond. Nog ’n probleem is kondensasiedruppels op die vloer, maar as jy ’n tweede grondseil gebruik, is dié probleem opgelos.

Is dit maklik om op te slaan?
Dis maklik met die aanwysings en tentpale met kleurkodes, maar die tent is groot en twee mense het 45 minute gevat om dit op te slaan.

En wat van afslaan en wegpak?
Die bêresak is groot genoeg, maar jy moet die tent reg opvou om dit in te pas. Ons het die tentpale apart weggepak omdat dit swaar is.

Aantal mense: 8 tot 10
Gewig: 23,6 kg
Grootte: 6,20 x 3,05 x 2,20 m
Prys: R3 700 by Outdoor Warehouse
(Prys akkuraat in April 2010)
Kontak: 0800 003 051; www.outdoorwarehouse.co.za


Kommentaar

Gelewer op 30 Maart 2011 | 11:43:54

Ek het die tent so gestaan en kyk in die winkel en gewonder of moet ek of moet ek nie. Toe lees ek Brandt se artikel en gaan koop hom dadelik. Ek is baie beindruk met die sterk materiaal en hoe maklik hy opslaan. Dis waarde vir geld

Gelewer op 10 Julie 2010 | 16:34:57

Ek soek presies so 'n tent maar nie van Nylon nie. Iets sterker wat dan ook koeler sal wees. Enige raad? dki

Gelewer op 13 Mei 2010 | 08:25:50

Ek het ook so 'n tent, het dit al op my eie opgeslaan binne 30 minute. Ja, die pale kan dit swaar maak, maar baie lekker vir 'n familie

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Search Equipmentarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek