Die kleinste tent op aarde?
MSR E-WING-TENT
MSR het ’n reeks “vinnige en ligte” tente. Die E-Wing is dus nie ’n tent waarin jy wil vakansie hou by Hartenbos nie – dis eerder ’n noodskuiling vir stappers. Dié waterdigte seil van 4 m2 is groot genoeg om jou en jou toerusting droog te hou, dit weeg net 200 g en is kleiner as ’n blikkie Coke wanneer dit opgerol is (ideaal vir bo in jou rugsak).
Op gelyk grond kan die E-Wing soos ’n gewone A-raamtent opgeslaan word met ’n stapstok aan elke kantas tentpale, of jy kan die ankertoue aan takke vasmaak of met klippe vaspak.
Die tent sal jou teen ligte reën of kwaai dou beskerm, maar dit het nie symure of ’n vloer nie: Jy gaan nat word in ’n kwaai storm.
Prys: R1 030
Kontak: Outward Ventures 021 683 3638; www.outward.co.za
Weg sê: Hou vir die wis en die onwis die E-Wing altyd in jou rugsak, veral as jy in die berge stap.
Gelewer op 9 Januarie 2010 | 21:42:33
Hi, sal die tent werk op die Pofadder stap roete?





















Kommentaar