Ark Alligator-opblaasboot
As jy al op ’n rubberboot op die Oranjerivier of enige ander witwatervaart was, is die kans goed dat dit ’n Croc was. Dié tweeman-opblaasbote is stabiel en rateltaai. Die meeste witwater-toeroperateurs gebruik hulle.
Die Alligator word van dieselfde sterk PVC gemaak, maar dis ’n eenmanboot en dus effens ratser op die water. Ander gawe kenmerke is die vloer wat kan opblaas en ’n rugleuning – dis nie net gemaklik nie, maar hou jou stabiel in ’n stroomversnelling. Jy kan ook jou bene in verstelbare dystutte vasgespe as jy bang is jy beland tussen die kurpers.
Die Alligator weeg skaars 16 kg en wanneer dit opgevou is, is dit so groot soos ’n sak hondekos (54 x 40 x 40 cm).
Prys: R6 100 (sonder posgeld)
Kontak: ARK Inflatables 021 783 1672; www.arkinflatables.co.za
Weg sê: Die Alligator word deur ’n Suid-Afrikaanse maatskappy gemaak.




















Kommentaar