Paklys: Basiese kamptoerusting
Hou sommer dié groot goed permanent in jou sleepwa of bymekaar in 'n hoek in jou motorhuis.
- Tent (met pale, penne en ankertoue)
- Grondseil
- Skaduseil
- Kampstoele
- Sambreel
- Matrasse
- Slaapsakke
- Tafel
- Gasstoof
- Gasbottels
- Gas- of paraffienlampe
- Braairooster
- Potjie of Hollandse oond
- Koelhouer of yskas
- Ysblokke
- Braaitang en -vurk
- Hout of houtskool
- Groot plastiekwaterhouer
Hou dit skoon
Hou die braairooster, -tang en borsel bymekaar in ’n stewige plastieksak, binne-in ’n sak sodat daar nie vetkolle op jou tent afsmeer nie.
Gelewer op 23 Junie 2011 | 23:39:43
Many many qulatiy points there.
Gelewer op 25 Januarie 2011 | 15:43:31
Ons kamp gereeld. Al die skoonmaakmiddels en die rooster in 'n sakkie - neem 'n ou kussingsloop vou dubbel en weer 'n derde terug, maak 'n koopsgaaitjie in middel van eerste vou van terugvou van die kussing en druk 'n stewige hanger deur. Nou laaste maar nie die minste nie - stik kante toe van kussing en pak skoonmaakmiddels in vou en laaste die braaisif agter in groot opening. Kampgroete
Gelewer op 19 April 2010 | 12:09:34
Onthou altyd ook die volgende: Vuuraanstekers, toeknyprooster, betroubare pomp om die matrasse op te pomp en natuurlik muskietafweermiddel.
Nog resultate: Bladsy | 1 | 2




















Kommentaar