'n Plaasjapie-GPS vir stappers


GARMIN COLORADO 300. Dis Garmin se eerste nuwe handmodel in twee jaar en dis gebou vir voetslaners en kampeerders.
zoommore

GARMIN COLORADO 300. Dis Garmin se eerste nuwe handmodel in twee jaar en dis gebou vir voetslaners en kampeerders.

GARMIN COLORADO 300
Garmin het die laaste tyd satellietnavigasiestelsels vir rygoed bekend gestel asof dit uit die mode gaan, maar lanklaas iets spesifieks vir ander buitelugmense, soos die nuwe Colorado 300 wat op voetslaners en kampeerders gemik is.
Ons sal hom eers vir ’n rukkie langer toets voor ons sê of hy werklik beter as sy voorgangers is. Wat ons wel kan sê is dat ons baie hou van die nuwe geskakeerde, meer realistiese reliëf-basiskaarte (waarop jy die berge en valleie kan sien).
Hy lyk ook anders met ’n “rock ’n roller”-wieletjie waarmee jy deur die opsies blaai, amper soos op ’n Apple iPod – veel beter as om ’n klomp knoppies te druk. Verder lyk hy maar dieselfde as ander Garmin draagbare navigasie-eenhede, soos die GPSMAP 60 CSx of die eTrex Legend Hcx.

Prys: R6 400-R6 600 by handelaars soos Cape Union Mart, Due South en Outdoor Warehouse.
Kontak: Garmin 0861 247 646 ; www.garmin.co.za 
Weg sê: Nie genoeg rede om jou ou een te vervang nie, tensy jy dink jy sal vergaan as jy nie die nuutste model het nie.


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Equipmentarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek