Goedkoop gadgets
Mens het nie al die ‘tegniese’ (wat eintlik maar net beteken dat dit baie duur is) toerusting nodig wanneer jy net een of twee keer per jaar gaan kampeer nie. Baie van my nuttigste kampeergoed het ek by ’n plaaslike supermark gekoop – goed soos ’n reghoekige plastiekhouer om my messegoed in te pak en ’n klein kastrolletjie en ketel waarvoor mens nie ‘jammer’ gaan voel as jy per ongeluk daaroor reverse nie... Ek het een keer vir ’n hele 2 weke in die Kalahari voorberei deur by die Pick & Pay in Diepsloot te gaan inkopies doen.
Gelewer op 2 April 2010 | 17:52:18
'n Bundu stort. 'n 25 Liter verfdrom wat mooi skoongemaak is kan gebruik word om jou waswater warm te maak. Kry vir jou net 'n paar leer handskoene, die soort wat sweisers gebruik om die warm emmer te hanteer. Plaas die emmer so driekwart vol water teen die kampvuur. As dit warm is vir gebruik deur die gesin gaan sit dit in jou stort, ( 'n skerm wat jy kan maak van ou seil met vier pote wat met behulp van tou en tentpale 'n vierkant vorm.) Gebruik 'n goedkoop 12V waterpompie, te koop by woonwa verspreiders, heg 'n rubberpyp daaraan met 'n goedkoop hand stortkop en Whala. daar is jou stort. 'n Rubber deurmatjie, die een by jou voordeur kan saamgery word en onder in die stort gegooi word om die voete skoon te hou. Hoe word die stort gebruik? Die gesin moet vooraf geleer word hoe die stort gebruik moet word. hier is die stappe: 1. Skakel die pompie aan en maak jou goed nat. Skakel pompie af 2. Smeer seep en was so vinnig en deeglik as wat jy kan. Onthou daardie blik water word vinnig kouer, veral in die winter. 3. Skakel pompie aan en spoel vinnig af. Sit pompie af en droog af. Hierdie metode van stort kan ook by jou huis toegepas word. Dit leer die gesin om water te bespaar en ook om daardie elektrisiteit rekening bekostigbaar te hou.
Gelewer op 19 Januarie 2010 | 11:59:12
Ek stem saam, ek het 'n broertjie dood aan "posers", wat jy oorals kry, wat iets doen sodat hulle kan brag met die duurste dit en dat. As ek DSTV met aircon wil he bly ek by die huis. As ek gaan kampeer wil ek bietjie sukkel want dit is wat kampeer so lekker maak. Ek het begin kampeer met 'n motorfiets, en dan leer jy gou dat net die helfte van die heel nodigste kan saamgaan. my lekkerste kampeer memories het altyd te doen met bietjie swaarkry en plan maak op yerein.
Gelewer op 23 September 2009 | 08:32:49
Askies?!!




















Kommentaar