Groen hitte
KARIBA COMBO
Die plaaslike vervaardiger Kariba is hier én oorsee bekend vir hulle slim storte wat met ’n hitteruilboks ’n lekker warm stort op enige plek verseker.
Dié stort het nou nóg beter geraak met ’n nuwe hoëdruk-gasbrander wat die ou laedrukbrander vervang.
Hierdie kalant is glo baie meer omgewingsvriendelik en hy werk soos ’n droom: Kariba belowe warm water van 40-60 ºC teen ’n spoed van vier tot ses liter per minuut, omtrent dieselfde as jou stort by die huis.
Soos met alle Kariba-eenhede kan die brander ook op sy eie gebruik word om water te kook of kos te maak.
As jy reeds ’n Kariba-bosstort (enige van die K1- en K1SS-modelle) het met die ou laedrukbrander, kan die nuwe hoëdrukeen (K1C) apart koop vir omtrent R950.
Prys: Sowat R2 150 vir die Combo-eenheid (K1C-brander en hitteruiler)
Kontak: Kariba Products * 021 510 7040; * karibaproducts@telkomsa.net
Weg sê: Ja-ja, dis ’n klomp geld vir ’n warm stort, maar enige prys is ’n goeie prys om ’n tienerdogter op haar gelukkigste te hou.





















Kommentaar