• Die Duimgooiersgids tot Suid-Afrika (vol.1)

    13 Augustus 2010

    Om “lifts te bum” is dus een van die oudste maniere om die wêreld te verken. Beer Adriaanse deel 'n paar wenke

  • Suid-Afrikaners gestrand in Maputo

    Vlugte van SAL na Maputo is gekanselleer en by die tolhek tussen die stad en die Lebombo-grenspos met Suid-Afrika is die pad met klippe versper.

  • Olifante by Epupa

    Weg het onlangs foto’s van twee jong olifantbulle naby die Epupa-valle in Namibië ontvang. Olifante word glo baie selde in hierdie gebied opgemerk.

  • Kruger: Vlugtende bok tref motor

    3 Augustus 2010

    Die Weg-leser Piet Steyn glo hy het diedoodsnikke van ’n ‘fratsongeluk’ verfilm toe ’n luiperd onlangs ’n bosbok platgetrek het.
     

Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Howling Moon Mistral-slaapsak


Lê wyd!
zoommore

Lê wyd!

Nadat talle mense met “ ’n voller figuur” glo gekla het dat Howling Moon-slaapsakke effens knap sit, het Campworld gehoor gegee en dié gewilde sakke groter gemaak. 
Die Mistral is lekker ruim – 210 x 100 cm – en gebou vir mense met ’n bynaam soos Tenk, Hemelbesem of Sog. Die Mistral is uiteraard ook groter en swaarder as die meeste ander sakke (’n taamlik bonkige 50 x 25 cm as dit opgevou is), maar dit behoort nie ’n probleem te wees as jy met die Hilux viswaters toe wikkel nie.
    ’n Ander lastigheid met die ou Howling Moon-reeks was dat die afmetings op die sak verwys het na die lengte van die materiaalpanele voordat dit aan mekaar gestik is. Campworld gebruik nou
’n “waregrootte”-gradering.

Vulstof: Sinteties
Temperatuurgradering: 2 ºC
Gewig: 2,58 kg

Prys: Sowat R450 by Campworld-winkels
Kontak: 012 797 7300; www.campworld.co.za

Weg sê: ’n Oulike nuwe “ekstra” is die gaassak wat jy bykry waarin jy die sak vir lang tye kan bêre sonder dat hy muf of bedompig word.


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Equipmentarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek