Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Carma Quip-selfopblaasmatras


Wat ons van dié matras beïndruk het, is die dik PVC-buitelaag.
zoommore

Wat ons van dié matras beïndruk het, is die dik PVC-buitelaag.

Ek vat die woord “selfopblaas” altyd met ’n paar knippies sout, maar dié Carma Quip-matras is regtig ’n blaasoppie. Sodra jy die proppie uittrek, begin hy homself vol lug suig – en binne 30 sekondes is hy reg vir ’n middagslapie.
    Die geheime wapen is die binnelaag van hoë-digtheidskuim wat uitsit tot ’n matras van 6 cm dik, met genoeg lêplek (190 x 65 cm) vir ’n tweedespanslot.
    Wat ons van dié matras beïndruk het, is die dik PVC-buitelaag. Dit lyk na ’n robuuste produk wat jy agterin ’n bakkie kan gooi vir ’n toer na Botswana. En Carma Quip glo klaarblyklik self daarin: Jy kry ’n tweejaarwaarborg.

Prys: R600
Kontak: Carma Quip 082 345 6878; www.carmaquip.co.za

Weg sê: As dié matras wel ’n gaatjie kry, bly dit ferm danksy die skuimrubber aan die binnekant.


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante stories

Verwante foto's

Sien meer

Search Equipmentarchive




Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek