Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Ses dae se swaardra op die Amatola


Jou knieë leef swaar, maar dis goed vir die gemoed.
zoommore

Jou knieë leef swaar, maar dis goed vir die gemoed.

Die Amatola-staproete is een van dié voetslaanpaaie in Suid-Afrika. Dié roete van 100 km werk jou sake. Dis ses dae se swaardra oor tallose opdraande, maar die landskap is groen en sag en die uitsigte hoog en wyd. Waterval na waterval stort oor die rotse. In die woude wemel dit van voëls, skoenlappers en sampioene. Esma le Roux en Dawie Verwey maak dié meneer van ’n roete net-net klaar...

“Die Amatola eis sy tol,” spot iemand op dag 4. Seer knieë, blase en heupprobleme dwing vandag vier stappers om ’n rit na die eindpunt by Hogsback te vat. Die oorblywende nege van ons is moeg, maar vasberade om dié bergreeks te oorwin wat soos ’n groot, groen hoefyster tussen King William’s Town en Hogsback lê.
    Drie dae gelede het ons groepie mekaar optimisties by Madendam anderkant King William’s Town in die Oos-Kaap ontmoet – twee aptekers, twee dokters, ’n biokinetikus en twee evangeliste is onder andere in ons groep. Met dié kombinasie, het ons gereken, sou ons die berge maklik kafdraf.
    Die Xhosa-woord amatola beteken “’n versameling jong kalwers”, maar daar is niks kalfie-agtigs aan dié roete nie. Dis lang ure se stap met ’n swaar rugsak, vroeg opstaan en vroeg gaan slaap. Twee pieke en die drie Hogs van Hogsback moet uitgesweet word. Die Amatola tart jou. Nes jy dink jy’s bo, begin dit reën; sodra jou sak ligter begin word, verdubbel die opdraande. Die roete beloon jou egter met van die mooiste tonele denkbaar.
    Ses dae en 100 km later kom jy op Hogsback aan.
Ek laai vir die eerste keer my sak op my skouers en stap effens wankelrig tot by die bord wat sê: Amatola Hiking Trail: Your 100 km adventure starts here.
    Ons begin stap.

Terug na stap | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 6 Julie 2011 | 15:18:09

Is daar enige terugvoering van stappers wat in 2011 Amatola gestap het? Ek hoor dat die roete blykbaar baie sleg is op die oomblik. Sal graag enige terugvoering waardeer.

Gelewer op 10 Februarie 2011 | 13:21:11

Ons gaan weer die Amatola stap en begin 27 Maart 2011 en kort nog mense om saam te gaan. Dit is ons tweede keer dat ons die roete aanpak en sal u meer volledig kan inlig na die tweede stap. Maar soos u sê die berg verdra mens net. Dit is 'n tawwe een en soos 'n Echo Challenge. Ek moet sê die watervalle is byna net te veel en net te mooi. Ek stem saam, moet nie kortpad vat, mens mis teveel. Ja ons het ook vir die tweede keer by Dake R678.50 betaal en ons gaan by The Edge in Hocgsback bly voordat ons die volgende dag met die shuttle geneem word na Maiden dam. Ons pak gewoonlik net genoeg in om te eet en braai gewoonlik die eerste 3 aande lekker vars vleis wat vakuum verpak is. Ons slegste ervaring was ook die mooiste hut Mnyameni wat nie so skoon was nie. Vorige stappers het dit baie verniel. Die lekkerste is in die aande die warm stort en die manne weet hoe om vrouens te bederf. Op die web van die Amatola is nog die ou hutte en ek sal graag wil dat hul die mooi nuwe hutte moet opdateer. So wie ook al lus is om einde maart in die skoolvakansie saam te stap laat weet asseblief. Ons is regtig mense wat die lewe geniet, nie drink en sommer in die rivier ook bad as dit moet. kleynhans@ohs.dorea.co.za of kontak Harrismith Gastehuis Alet 058-6222875

Gelewer op 26 April 2009 | 22:33:46

Hierdie artikel het ek BAIE geniet. Ek het al baie artikels oor die Amatola gelees deur die jare - hierdie een is volledig en gee die leser 'n goeie insig van wat op hom wag. Ons (my vrou en ek) se eerste Amatola het ons gedoen in 1992 en hy het in ons bloed gaan sit - vir ons is dit MEER as net 'n roete - dit was vir ons 'n lewensveranderingservaring!! - in al sy buie - en daar was BAIE - het ons hom ervaar en al die opsies gedoen wat dit bied - een ding is seker - die Amatola sal jy nooit "oorwin" nie - hy verdra jou net. Net 'n opmerking - die skrywer sê - die eerste dag nadat die "Kondoor" toe gaan sluit is - het die 2 van hulle die kortpad gevat en eerste by Gwili-hut aangekom en "Al wat ons op ons kortpad gemis het, was ’n yskoue rotspoel en ’n broodboomwoud." - NEE - dis nie AL wat u gemis het nie - wat u eintlik gemis het, is DIT wat die 1ste dag EINTLIK "maak" - McNaughtanskrans - en bitter baie sweet daarna - as mens die 1ste dag die kortpad neem, wat eintlik daar is vir 'n noodsituasie, dan het u nie die ware Amatola in sy geheel ervaar nie!! Ek bedoel dit nie as kritiek nie - net 'n "observasie"! Sommige reken die Naukluft roete in Namibië is die moeilikste roete in Suidelike Afrika - ons eie ervaring is dat die Amatola se moeilikheidsgraad hoër is - Naukluft gedoen in 2007 en die jongste Amatola in Sept/Okt 2008 - 12 keer al het ons hierdie "moeder van alle roetes" gedoen en steeds verdra hy ons net. Baie dankie vir 'n lekker-lees artikel - het dit baie geniet. Ek sou graag wou weet wanneer die groep dit gedoen het, want ek sien die tarief word gegee as R30/persoon/nag - ons het in Sept 08 (by Daki, na wie verwys word) R 137.50/persoon/nag betaal - 'n totaal van R 678.50 per persoon vir die roete.??????? Groete Andrè Wheeler andwhe@mweb.co.za

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen verwante stories

  • Geen verwante stories...

Verwante foto's

Sien meer

Search Walksarchive

Staptoerusting

Bly gemaklik droog selfs in geniepsige weer

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek