Kaapsche Hoop-roete
Die eertydse delwersdorpie Kaapsche Hoop buite Nelspruit is bekend vir sy wildeperde en ’n mistigheid wat jou al om die ander dag omvou. Anim van Wyk het op ’n naweekstaproete met al twee kennis gemaak.
Dit maak nie saak hoeveel staproetes jy al op jou kerfstok het of hoe ervare die mense is saam met wie jy gaan stap nie: Op die eerste dag is daar gewoonlik ’n paar goedjies wat haak.
Dis ’n gemeet en pas om al jou toerusting en kos in jou rugsak te pas; julle moet ’n kar by die eindpunt kry; iemand het die vuurhoutjies vergeet; dalk was daar ’n brand op die staproete...
Dis hoekom die horlosie al vlak voor tienuur staan wanneer ek en twee vriendinne Kaapsche Hoop deur ’n valboom binnery. Die plan was om die Battery Creek-roete van Barretts Coaches tot by Kaapsche Hoop te stap, maar ja, daar was ’n brand op die roete en die dorp se “burgemeester”, Rudi du Plessis, het aanbeveel ons stap die Kaapsche Hoop-roete (31,96 km).
Omdat ons nou nie meer in ’n restaurant op die dorp gaan eet nie, stop ons by die Spar langs die N4 om ekstra proviand te kry. Ek voel gespanne oor die verlore tyd, maar Rudi bied aan om ons ’n ent met sy bakkie te neem. Dis seker maar die gejaagdheid van die stad wat nog in my are sit.
Lees die volledige storie in die Junie-uitgawe van Weg (#68).
KAART: Klik hier om 'n drukstuk van die roetekaart te maak.
Gelewer op 4 Augustus 2011 | 02:28:32
Furrleaz? That's marvelously good to know.
Gelewer op 27 Mei 2010 | 18:20:14
Ons het die roete ongeveer 1992 gestap Toe nog die eerste nag in treintrokke geslaap Dit was toe 'n drie-dag roete Heerlik gewees om weer te herleef





















Kommentaar