GPS-punte vir die Tsitsikamma
Ek is ’n toerisme-onderwyser by Hoërskool Hopetown in die Noord-Kaap naby Kimberley. Elke jaar, gedurende die April-vakansie, neem ek ’n groep Graad 12-leerders op ’n staptoer iewers in die land.
Hierdie jaar het ons die Tsitsikamma-staproete gedoen wat by Nature’s Valley begin en eindig by die Paul Sauer-brug oor die Stormsrivier. Dis in my opinie een van Suid-Afrika se heel mooiste staproetes. Die roete is baie keurig uitgelê sodat stappers deurentyd wissel tussen fynbos, inheemse woud en hier en daar aangeplante dennebome.
Die ligging van die hutte is pragtig en die uitsig vanaf veral die Bloukranshut en die Sleepkloofhut is asemrowend mooi.
Ek kon nie voor die tyd op die internet presiese koördinate van die belangrikste punte op die roete kry nie en skaf toe vir my ’n Garmin Etrex Legend HCx aan om die roete van begin tot einde te plot. Dié dokument kan met Mapsource, die Garmap-sagteware, oopgemaak word. ’n Mens kan ook in Mapsouce, onder “view”, na die roete in Google Earth gaan kyk.
Ek hoop die roete en die “waypoints” kan voornemende stappers op die Tsitsikamma help om hulle roete beter te beplan.
Kalanderhut
Selfoontoring Dag1 S33 58.414 E23 34.453
3Km Dag1 S33 57.862 E23 35.305
6Km Dag1 S33 56.859 E23 36.126
9Km Dag1 S33 55.802 E23 36.567
Swempoel Dag1 S33 55.753 E23 36.649
Longtetude: 23 34.344
Dag 2 Bloukranshut
3Km Dag2 S33 54.087 E23 38.487
Swempoel Dag2 S33 54.199 E23 39.311
6Km Dag2 S33 54.045 E23 40.110
9Km Dag2 S33 54.113 E23 41.595
1.5 oor Dag2 S33 54.576 E23 42.933
Longtetude: 23 38.300
Keurboshut
3Km Dag3 S33 54.676 E23 45.246
6Km Dag3 Brug oor Elandsbosrivier S33 55.496 E23 46.675
9Km Dag3 S33 56.249 E23 47.626
Longtetude: 23 43.721
Heuningboshut
3Km Dag4 S33 55.648 E23 50.721
Wittekliprivier S33 55.954 E23 52.444
6Km Dag4 S33 56.132 E23 52.377
Top van Nademaalsnek S33 56.442 E23 54.014
12Km Dag4 S33 56.483 E23 55.284
Longtetude: 23 49.322
Sleepkloofhut
Einde by STORMS RIVER PETROPORT N2 S33 58.081 E23 55.781
Longtetude: 23 54.944
Gelewer op 8 November 2010 | 12:32:08
Ek gaan die Tsitsikamma roete stap en het kennis geneem van die GPS koordiante, maar ek soek Lotteringsbosboustasie sin. Ek kry dit nêrens. Ons maak daar klaar en my vrou moet ons daar gaan oplaai, maar haar kaartlees is nie so goed nie.
Gelewer op 17 Julie 2010 | 10:54:33
Ek wil graag 'n Christelike staptoer , vir die Gemeente van Christus reel , dis nou vir die einde van die jaar 2010. Toerisme-juffrou van Hopetown kan jy vir my meer lig plaas op die uitstappies.Tsitsikamma is 'n mooi plek om te gaan stap , soos ek gelees het in Julie-maand se uitgawe van Weg! kontak Leonard at 0743187750 or e-pos kirkmanak@gmail.com. Baie Dankie God Seen
Gelewer op 17 Mei 2010 | 11:52:54
As enigiemand die elektroniese weergawe van die roete soek, kontak Riaan by loupie@ananzi.co.za





















Kommentaar