Visrivier
Die Visrivier is ’n wildernisroete. Hier is géén geriewe of verpligte oornagpunte nie.
Hier is Stefaan Kuit, skrywer van Die voetslaner se Visrivier wat dié 80 km-roete al sewe keer gestap het, se riglyne om jou eie stapplan uit te werk.
ROETEKAART: Klik HIER om 'n drukstuk van die roetekaart te maak.
Dag 1 Stadig af teen die skuinste
Eet ’n lekker ontbyt by Ai-Ais. Los julle motor hier en vertrek met die pendelbussie (R150 p.p. - Prys akkuraat in Maart 2010) na die beginpunt van die staproete. Onthou om julle permitte en mediese vrywaringsvorms by Hobas te wys.
Probeer om so teen 9.30 vm. in die canyon te begin afbeweeg. Julle kan binne 45 minute onder wees, maar dit is beter om hierdie gedeelte, waar ’n mens moet mooi trap teen die skuinste af, rustig te stap en groentjiestappers se senuwees te laat bedaar.
Teen ongeveer 1 nm. begin die middagskof. Wees van so 4 nm. af op die uitkyk vir ’n lekker slaapplek.
Dag 2 Taai trek
Dit is die strafste dag van die roete. Pak sommer jou rugsak die vorige aand, spring vroeg weg en eet ontbyt nadat julle al ’n ent gestap het.
Die roete tot by die swaelbron vleg tusssen rotse deur en oor sandstroke. Moenie moed verloor as julle stadig vorder nie. As julle net anderkant die swaelbron kan uitspan vir die tweede nag, vorder julle goed.
Dag 3 Spring in!
Die eerste drie dae stap jy deur die diepste dele van die canyon. Kyk rond en waardeer die natuurskoon. Die beste swemgate is ook op dié deel. Probeer om die 40 km-punt vandag te haal.
Dag 4 Vat kortpad
Gebruik die kortpaaie sodat julle die aand by die 70 km-punt kan oornag. Julle sal dan maklik teen vroegmiddag die volgende dag by Ai-Ais aankom. Stappers wat heelpad langs die rivier wil hou (sonder kortpaaie), moet dit oorweeg om iewers ’n ekstra dag in te werk.
Gelewer op 18 Augustus 2011 | 13:22:25
Ons groep van 9 Napier het 20 Julie 2011 gaan stap. Dit was amazing. Elke keer moes ons skoene uittrek by riviercrossings, eers hinderlik maar toe begin besef die waarde van afkoel en ekstra ruskansie en ook dat daar darem drink water is. Op van die Highways pragtige blomme. Die Vis het manier om jou weern te roep. Dis g'n wonder die mense raak "gehook" nie. Jenny
Gelewer op 18 Augustus 2011 | 13:20:25
Ons groep van 9 Napier het 20 Julie 2011 gaan stap. Dit was amazing. Elke keer moes ons skoene uittrek by riviercrossings, eers hinderlik maar toe begin besef die waarde van afkoel en ekstra ruskansie en ook dat daar darem drink water is. Op van die Highways pragtige blomme. Die Vis het manier om jou weern te roep. Dis g'n wonder die mense raak "gehook" nie. Jenny
Gelewer op 23 Mei 2011 | 15:15:56
Hi Johan, ek het dit drie maal gestap en elke keer lyk die rivierloop en natuurskoon anders. Van bitter droog (moes gate grawe vir water in 2007) tot lekker baie water in 2010, maar baie warm. Stem saam geniet die Vis, moenie daardeur hardloop. Johien























Kommentaar