Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Die Otter: reën en vol riviere


Bloukranskruising
zoommore

Bloukranskruising

Dis seker veilig om te sê dis elke stapper se droom om die Otter aan te pak.

Ek, my kollega Erns Grundling en 'n paar vriende het hierdie 42,5 km staproete (moenie daai 0,5 km vergeet nie - dis hy wat na die pub in Nature's Valley lei) vanaf Stormsriviermond in die laaste week van Maart vanjaar aangedurf.

Dit was 'n pragtige, maar nat en dikwels steil spul. En ek sal dit enige dag aanbeveel...en eendag weer aanpak.

Hier is bietjie video van twee hoogtepunte:

EPISODE 1: Die kruising van die Bloukransrivier

 

 

 

EPISODE 2: Die reën- en donderbui wat daarop gevolg het.

 

 

 

Terug na stap | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 19 September 2011 | 14:46:17

Ek en my vrou het reeds 3 Otters agter die rug, en kan maar nie wegbly nie. Ons het reeds 2 videos van die roete saamgestel van ongeveer 1 uur elk wat 'n goeie idee gee van wat om te verwag langs die roete in terme van moeilikheidsgraad en die stappers se ervaringe. Enigiemand wat beplan om die roete te doen en meer inligting benodig is meer as welkom om my te kontak - ek help graag. Gerhard

Gelewer op 28 Januarie 2011 | 09:25:25

Otter: Asemrowende natuurskoon en puik fasiliteite. MAAR: Dit is bepaald nie `n maklike roete nie. Ons het na verskeie mense se raad geluister en beginners saam met ons genooi wat `n groot fout was. Hulle was onvoorbereid (fisies en geestelik) en het dit dus nie geniet nie. Die man moes al se vriendin se ware dra omdat sy eenvoudig nie kon nie, en haar knieë het ingegee en sy moes die laaste twee dae op sterk pynpille einde toe sukkel. Wees versigtig om te vergeet hoe dit voel om te begin stap!

Gelewer op 28 Augustus 2010 | 13:31:23

Die Otter bly 'n stap droom - die roete is eenvoudig & beslis 'n maklike stap vir enige beginner. MAAR dit het beplanning nodig wat die gety aanbetref vir die kruising van die Blauwkrans. Gaan self weer einde Sept die Otter aandurf & weereens gaan ons ongeveer 03:00 moet begin stap om die groot rivierkruising op laagwater te kry. Dis als deel van die pret... Sorg dat jy weet wanneer dit laag gety is om onnodige kanse te vermy, al is jy hoe ervare - ongelukke vra nie wat jou ervaring is nie, dit gebeur net. Sou ek die rivier kruising aangepak het soos die Weg-span? Nee. Swem is altyd die laaste opsie vir ons groep. Pak eerder 'n roete opsie aan waaroor jy weet jy meer beheer het. 'n Ontsnap roete mag lyk na 'n suur appel, maar dis gewoonlik daar vir 'n doel & met goeie rede. Lekker stap :-)

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Search Walksarchive

Staptoerusting

Bly gemaklik droog selfs in geniepsige weer

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek