Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Visrivier 101


Die Visrivier-roete strek oor sowat 80 km in 5 dae. Op dié moet-doen-roete is geen geriewe nie. Jy drink uit die rivier en slaap op die sand. Jy dra jou eie matras, grondseil, kos...
zoommore

Die Visrivier-roete strek oor sowat 80 km in 5 dae. Op dié moet-doen-roete is geen geriewe nie. Jy drink uit die rivier en slaap op die sand. Jy dra jou eie matras, grondseil, kos...

Daar is geen geriewe op die roete nie – geen oornaghutte, braaiplekke of eens longdrops nie. Jy dra alles saam.

Al jou dokumente. Paspoort, mediese sertifikaat (geteken deur jou dokter), omgewingsvorm (hulle e-pos dit vir jou wanneer jy bespreek), ZA-plakker vir jou voertuig en jou voertuig se registrasiedokumente

Rugsak. 65-80 l is groot genoeg

Stapstok. Veral vir wanneer jy die rivier moet oorsteek.

Matrassie. Jy slaap op sand, dus werk ’n gewone skuimrubber padmatjie goed.

Slaapsak. Dit raak koud snags. Sorg dat dit warm genoeg is.

Grondseil. Anders raak jou slaapsak snags vol sand. Jy kan ook ’n oorlewingsak gebruik.

Stapskoene. Stewels of “gewone” stapskoene.

Plakkies. Nie visplakkies nie, ’n paar wat kan vasgespe.

Sokkies. Kamaste is nie noodsaaklik nie.

Broeke. Een is genoeg, mits dit van materiaal is wat vinnig droogword.

Hemp. Minstens 2 – een om in te slaap.

Warm baadjie. Daar’s min wind en reën. Pluisstof behoort te werk.

Slaapbroek. Dis nogal koud snags. ’n Long John werk goed.

Swembroek. Al is jy skrikkerig vir koue water, sal jy by die warmwaterbron wil swem.

Klein handdoekie. ’n Staphanddoekie (skaars groter as ’n waslap as jy dit opvou).

Mus. Dis ’n woestyn. Dit word koud saans.

Hoed. Verkieslik ’n breërandhoed sodat jou ore en nek toe is.

Koplig. Dan’s jou hande los as jy wil kos maak.

Sonbril. Die son skyn heeldag.

Tandeborsel en -pasta. Jy wil nou nie heeltemal wild raak nie.

Bio-afbreekbare seep en sjampoe. Dis die regte ding om te doen.

Noodhulptassie. Vir blase en seer spiere.

Sonbrandroom. Hoe sterker, hoe beter.

Lyfroom & lipsalf. Anders gaan jy die woord ‘droog’ op jou arm skryf.

Waterbottels. Al is daar water in die rivier, vat minstens ’n 2 l bottel saam.

Game. Jy stap ver en is heeldag in die son.

Sjerrie. Vir koue aande om die vuur.

Droëvrugte en neute. Peusel sommer so in die stap.

Beker. Vir koffie in die oggende en ietsie sterkers in die aand.

Eetgerei. Koop vir jou ’n mes, vurk-en-lepel-in-een-stelletjie.

Leatherman. Hiermee kan jy omtrent enigiets regmaak.

Bord en/of pot. Eet sommer uit jou pot, as jy lui is vir skottelgoed was.

Stofie. Vier mense kan maklik een stofie deel. Onthou ’n ekstra gassilinder. En die vuurhoutjies.

Toiletware. Grafie, swartsakke, plastieksakke vir vullis.

Wenk: Pak saam met iemand, dan dra jy ligter. Een dra die stofie en die Leatherman en die ander een die noodhulptassie, tandepasta, room en bottel sjerrie.

Terug na stap | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 2 Februarie 2010 | 10:16:25

Dit is 'n fantastiese roete! Jy is ver van die beginpunt af (+_80km), maar tref reelings by Ai-Ais om by die beginpunt afgelaai te word. Dit kos 'n ekstra R150, maar is uit en uit die moeite werd! Probeer om 'n padkaart voor die tyd in die hande te kry, want Hobas is partykeer uitverkoop. Ek het gevind dat waterdruppels beter werk as watersuiweringspille, aangesien hulle nie 'n bitter smaak het nie en minder newe-effekte op die maag het... Onthou net sakkies game of oros, vir 'n bietjie ekstra energie en lekker smaak! Maak nie saak waar jy klim om jouself voor te berei nie, doen ekstra bobeenspier oefeninge!!! Die aftog in die canyon in is 'n bielie en die bene word maar jellie as jy nie voorbereid is nie! Maak jouself reg vir 'n regte avontuur! Ons het wilde perde, troppe bobbejane, luiperdspore en visarende gewaar langs die roete. Sterkte en geniet dit!

Gelewer op 28 Januarie 2010 | 15:15:40

Gister het ek kommentaar hier gelos, vandag is dit weg ... NWN? (nou wat nou?)

Gelewer op 27 Januarie 2010 | 16:40:57

Die begin punt kan 'n probleem wees want die parkering is ver weg. Daar is busse en taxis, maar hulle is nie altyd beskikbaar nie. Het dit al 2 keer gaan stap en al 2 kere was daar slegs poele water. Vind maar voor die tyd uit, wat die stand van die water is. Neem watersuiweringspille saam. Neem iets soos Rehidrate saam vir ontwatering, dit het my op die derde dag gered. Neem iets soos Pectolite vir diaree saam (rehidrate help, maar is nie die regte medisyne vir diaree nie). Pomp filtreer stelle is ook aan te veel baar, maar is duur. Moet liewers nie met seep in die poele was nie. Bio afbreekbare seep breek nie dadelik op nie en proe nog steeds soos seep! Dit is goed genoeg om net die stof af te spoel. Ek is liewers vuil as, wat ek seepwater moet drink. Watersuiwerings pille maak die kieme in die water dood, maar verwyder nie chemikaliee uit die water nie. Baie mense neem te veel smulhappies saam en baie mense neem te min saam of nie die regte tipe. Biltong is altyd 'n wenner maar kan mens nogals dors maak. Neem energiedrankies saam (dit help om die water se smaak EFFENS te verbeter). Neem ook die energie sakkies saam wat sportsmanne gebruik. Altwee kere het ons die roete in 4 dae voltooi. Dit is nie a resies nie, so as daar nie 'n krisis is nie, doen dit gerus in 5 - 6 dae. Die gidse stap dit in 2 dae, maar dit beteken nie jy moet dit ook doen nie. Wees veral versigtig met die begin wat nogals steil afdraande is - mens wil nie jou enkel binne die eerste kilometer swik nie. Bly gerus 'n ekstra dag of 2 by die eindpunt oor.

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen verwante stories

  • Geen verwante stories...

Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Search Walksarchive

Staptoerusting

’n Goeie rugsak kan jou langer as tien jaar hou. Só soek &rsquo...

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek