Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Hluhluwe-Imfolozi-wildreservaat


Sommer met die intrapslag op "n wildernisstaptog in die Hluhluwe-Imfolozipark moet jy jou skoene uittrek en die Wit-Imfolozirivier se breë, sanderige loop oorsteek.
zoommore

Sommer met die intrapslag op 'n wildernisstaptog in die Hluhluwe-Imfolozipark moet jy jou skoene uittrek en die Wit-Imfolozirivier se breë, sanderige loop oorsteek.

Hoe voel dit om te voet deur leeu en renoster se werf te stap? Gaan stap in die Hluhluwe-Imfolozi-wildreservaat en vind uit.

Hoe lank?
Hier’s verskeie roetes, van 2 tot 5 nagte. Die meeste se kampe is by tydelike boskampe wat elke drie maande of wat geskuif word sodat die veld nie versteur word nie. Ons het die “kort roete” gestap (twee nagte). Hier’s is ook ’n “primitiewe roete”, waarop jy elke nag op ’n ander plek kamp, al jou eie voorraad dra en moet waghou teen roofdiere. Gidse stap saam op al die roetes.

Bring saam:
Warm klere vir die koel aande, ’n flits of koplig, stewige stapstewels (dit help ook om bosluise uit te hou), ’n hoed, insekweerder, sonroom en jou swemklere – jy kan op party plekke in die rivier swem as die water hoog genoeg is.

Wat word voorsien?
Koeldrank, waterbottel, handdoek, beddegoed en dagrugsak (as jy hulle s’n wil gebruik). Die gidse het ook ’n noodhulpkissie.

Bly gesond:
Hluhluwe-Imfolozi is in ’n malariagebied. Tref voorsorg. Ek wil nie al my bagasie dra nie. As jy teen vieruur die middag voor die staptoer by Mpilakamp is, kan jy die meeste van jou klere en ander bagasie na die boskamp toe stuur in ’n donkiesak. Jy dra net water en padkos.

Koste:
R1 870 p.p. vir die kort roete, plus R45 bewaringstarief p.p. vir SAOG-inwoners (R90 vir buitelanders).

Kontak: 033 845 1000; www.kznwildlife.com

Terug na stap | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 14 Julie 2011 | 14:02:37

Dis fantasties het dit in 2001 2002 gedoen!

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen verwante stories

  • Geen verwante stories...

Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Search Walksarchive

Staptoerusting

Bly gemaklik droog selfs in geniepsige weer

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek