Hluhluwe-Imfolozi-wildreservaat
Hoe voel dit om te voet deur leeu en renoster se werf te stap? Gaan stap in die Hluhluwe-Imfolozi-wildreservaat en vind uit.
Hoe lank?
Hier’s verskeie roetes, van 2 tot 5 nagte. Die meeste se kampe is by tydelike boskampe wat elke drie maande of wat geskuif word sodat die veld nie versteur word nie. Ons het die “kort roete” gestap (twee nagte). Hier’s is ook ’n “primitiewe roete”, waarop jy elke nag op ’n ander plek kamp, al jou eie voorraad dra en moet waghou teen roofdiere. Gidse stap saam op al die roetes.
Bring saam:
Warm klere vir die koel aande, ’n flits of koplig, stewige stapstewels (dit help ook om bosluise uit te hou), ’n hoed, insekweerder, sonroom en jou swemklere – jy kan op party plekke in die rivier swem as die water hoog genoeg is.
Wat word voorsien?
Koeldrank, waterbottel, handdoek, beddegoed en dagrugsak (as jy hulle s’n wil gebruik). Die gidse het ook ’n noodhulpkissie.
Bly gesond:
Hluhluwe-Imfolozi is in ’n malariagebied. Tref voorsorg. Ek wil nie al my bagasie dra nie. As jy teen vieruur die middag voor die staptoer by Mpilakamp is, kan jy die meeste van jou klere en ander bagasie na die boskamp toe stuur in ’n donkiesak. Jy dra net water en padkos.
Koste:
R1 870 p.p. vir die kort roete, plus R45 bewaringstarief p.p. vir SAOG-inwoners (R90 vir buitelanders).
Kontak: 033 845 1000; www.kznwildlife.com





















Kommentaar