Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Die Otterstaproete: Dag 1 tot 5


Die eerste dag se staptog is baie kort, so 11 vm is "n goeie tyd om weg te spring.
zoommore

Die eerste dag se staptog is baie kort, so 11 vm is 'n goeie tyd om weg te spring.

Dié roete is in 1968 amptelik geopen en is sonder twyfel een van die land se gunsteling-staproetes. Villiers Steyn en sy vriende het onlangs die Otter gaan stap. Hy het dié lys van nuttige wenke vir elke dag van die staptog saamgestel.

Klik hier vir die belangrike GPS-koördinate vir dié staproete.

4.8 km ( 3ure) Dag 1 Stormsriviermond na Ngubu-hutte
 
  • Probeer ongeveer 11 vm in die pad te val.
     
  • Onthou om bewaringsvooie van R100 per persoon by Stormsriviermond se ontvangs te betaal, en neem kontant.
     
  • Onthou om ‘n getykaart in die Otter-kamer te neem.
     
  • Die waterval is ongeveer 'n uur en 40minute van die beginpunt af en is ‘n ideale plek vir middagete.
     
  • As jy rustig stap en by beide die Guanogrot en waterval stop, behoort jy ongeveer drie ure te stap tot by die Ngubu-hutte.
7.9 km (6 ure) Dag 2 Ngubu-hutte na Scott-hutte
 
  •  Probeer om ongeveer 9 vm in die pad te val.
     
  •  Die kleinbosrivier is ongeveer twee en ‘n half ure se stap en is ‘n lekker plek vir middagete. As jy egter nog ‘n uur wil vasbyt, eet middagete op Bloubaai. Onthou net dis baie styl tot onder en nie die ideale plek om jou rugsak af te vat nie.
     
  • Vir een van die beste uitsigte op die hele staproete, klim tot op die punt van die reuse muuragtige rots aan die regterpunt van Bloubaai. Daar is ‘n onopvallende paadjie teen die helling wat jou neem tot by die rots se boonste beginpunt.
     
  • As jy rustig stap behoort die dag jou nie meer as ses ure te neem nie (insluitend ‘n uur by die Kleinbosrivier en ‘n lekker blaaskans by Bloubaai).
7.7 km (4 ure) Dag 3 Scott-hutte na Oakhurst-hutte
 
  •  Hierdie is die rustigste voldag op die Otter. 
  • Spandeer gerus ‘n uur of twee by die Elandsbosriviermond – dit is ‘n uur se stap van die Scott- hutte af en ongetwyfeld die mooiste en lekkerste plek op die dag om te rus. Neem gerus ‘n tennisbal saam vir strandkrieket.
     
  • Trek jou skoene uit wanneer jy die Lotteringsrivier oorsteek net voor die Oakhurst-hutte, want om van klip tot klip te spring, mag jou net lelik laat gly.
     
  • Probeer om nie die Lotteringrivier te lank na laagwater te bereik nie.
     
  • As jy rustig stap en lekker lank by die Elandsbosrivier ontspan, behoort jy nie langer as vier ure te stap tot by die Oakhurst-hutte nie.
13.8 km (8 ure) Dag 4 Oakhurst-hutte na Andre-hutte
 
  • Maak die vorige dag seker hoelaat laagwater is en maak dan seker om vir jouself ten minste vyf en 'n half ure te gee om by die Bloukransriviermond te kom!
     
  •  Neem kopliggies met gelaaide batterye saam vir ingeval julle in die donker moet begin stap. 
  • Gebruik die Otter-kaart se prentjie om jou roete oor die mond te beplan, maar moenie probeer oorsteek indien jy twyfel nie – dit is ‘n lewensgevaarlike kruising indien jy nie baie naby aan laagwater oorsteek nie.
     
  •  Indien jy nie die rivier wil of kan kruis nie, klim met die ontsnappingsroete tot bo en skakel die noodnommer op die Otter kaart – Sanparke sal jou met ‘n bakkie kom haal en naby die volgende hut gaan aflaai.
     
  • Onthou om jou eie hout vanaf die hoop tot by die Andre-hutte te dra, maar moenie jou bondel te groot maak nie, dis baie steil af.
     
  • As jy die eerste 10 km vinnig stap en die laaste 4 km ná die rivier rustig stap, kan dit jou steeds sowat agt ure neem.
8.3 km (±3 ure) Dag 5 Andre-hutte na Nature’s Valley-ruskamp
 
  • Behalwe vir ‘n steil klim aan die begin, is hierdie ‘n baie rustige dag se stap en gelyk.
     
  •  Die Grootriviermond op Nature’s Valley se strand is die eindpunt van die Otter en is die maklikste om oor te steek in die vlak golfies. 
  • Dit is ‘n verdere 1.5 km se stap tot by Nature’s Valley-ruskamp (ook bekend as De Vasselot-ruskamp) – hou net regs op die teerpad vanaf die mond van die lagoon.
     
  • As jy rustig stap behoort jy binne drie en ‘n half uur by die ruskamp te wees.

Terug na stap | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 1 Junie 2010 | 16:13:49

Hi ons stap die Otter in Nov'10 Kan iemand asb vir my 'n lys gee van net die noodigste goed wat ek moet saam vat, 'n mens is altyd geneig om te veel goed te vat. Ek het jare laas gestap, sal ek dit oorleef?

Gelewer op 22 April 2010 | 15:35:45

Ek het laas die roete gestap en die ongelooflikste ou ontmoet. GRRRRRRRRRRRR Sy oe lyf en hande mmmmmmmmmmmm Die ongelooflikste aand onder die sterre geniet Johann Loubser(Goodwood)

Gelewer op 22 April 2010 | 15:22:23

My vrou is swanger!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Yipee!!!!!!!!

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen verwante stories

  • Geen verwante stories...

Geen Verwante fotos

  • Geen verwante fotos...

Search Walksarchive

Staptoerusting

’n Goeie rugsak kan jou langer as tien jaar hou. Só soek &rsquo...

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek