• Die Duimgooiersgids tot Suid-Afrika (vol.1)

    13 Augustus 2010

    Om “lifts te bum” is dus een van die oudste maniere om die wêreld te verken. Beer Adriaanse deel 'n paar wenke

  • Suid-Afrikaners gestrand in Maputo

    Vlugte van SAL na Maputo is gekanselleer en by die tolhek tussen die stad en die Lebombo-grenspos met Suid-Afrika is die pad met klippe versper.

  • Olifante by Epupa

    Weg het onlangs foto’s van twee jong olifantbulle naby die Epupa-valle in Namibië ontvang. Olifante word glo baie selde in hierdie gebied opgemerk.

  • Kruger: Vlugtende bok tref motor

    3 Augustus 2010

    Die Weg-leser Piet Steyn glo hy het diedoodsnikke van ’n ‘fratsongeluk’ verfilm toe ’n luiperd onlangs ’n bosbok platgetrek het.
     

Previous Next

Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Drakensberge: Stap in die Tugela-kloof


Die Uthukela-waterval is op 950 m die naashoogste waterval ter wêreld en stort in vyf valle in die kloof af.
zoommore

Die Uthukela-waterval is op 950 m die naashoogste waterval ter wêreld en stort in vyf valle in die kloof af.

Jy was dalk al aan die bopunt van die Tugela-waterval, maar het jy al die spelonke en klowe van die rustige Tugela-kloof (“die Gorge”) aan die onderkant van die waterval verken? 

Jy kan met dié kloof in die hartjie van die Drakensberge se voetheuwels (die “Little Berg”) opstap tot teen die Amfiteater se loodregte wande en die Tugela-waterval se dawerende waters.
Die Tugela-rivier het oor millen­nia vir hom ’n diep kronkel­pad deur dié kloof gekerf.
Jy word aan drie kante omring deur hoë pieke wat lyk asof hulle tot teen die hemel strek.
Jy kan in die rotspoele langs die pad swem en op die groot klippe ’n bietjie aandag gee aan jou tan.
 Aan die bopunt van die kloof, waar die Tugela-waterval neerstort, sny die rivierloop amper soos ’n reuse-wurmgat deur die rotse.
Hiervandaan kan jy na die voet van die waterval swem en stap – dis die ideale plek om middagete te geniet. Jy kan gerus voor die tyd by Ezemvelo KZN Wildlife seker maak hoe­veel water in die kloof is; die meeste van die tyd kan jy deurloop.
Hou in gedagte: ’n Storm kan die situasie baie vinnig verander.

Terug na stap | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Walksarchive

Staptoerusting

’n Goeie rugsak kan jou langer as tien jaar hou. Só soek &rsquo...

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek