Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Swartberg-staproete


zoommore


’n Eeu gelede, voordat ’n mens Die Hel met die Elandspadpas kon binnery, moes jy te voet of met ’n donkie óór die Swartberg stap. Jeanne van der Merwe en Ruvan Boshoff het in die ou donkies se spore gaan stap.

Swartbergroete 101

Hoeveel dae?
As jy die roete oor ’n naweek wil stap, kom jy op ’n Vrydagaand aan en vertrek op ’n Maandag net voor middagete. Jy stap die eerste dag 11 km en die tweede dag 9 km.

Hoe fiks moet ek wees?
Taamlik fiks; die roete strek oor ruwe terrein en is baie steil.

Wat is ingesluit?
Alle etes, drink-goed (nie drank nie), portiergeld, vervoer terug na jou motor, gidse, kamptoerusting en bewaringsgelde vir die Gamkaskloof-natuurreservaat. Jy betaal ekstra vir alkohol.

Wat moet ek saambring?
Waterbottel, insekweerder, warm en windbestande klere, sonroom, ’n stewige wyerandhoed en ’n mussie.

Hoeveel vriende kan ek bring?
Tot 8 stappers per groep.

Is dit veilig?
Drie uur se stap van die bergkamp af is hier ’n kamp met noodvoorraad. Een gids het altyd ’n satelliettelefoon ingeval van ’n besering.

Wanneer moet ek gaan? Die berg is heeljaar pragtig, maar van Augustus af sal jy veldblomme sien.

Koste: R2 500 per persoon.


Waarvandaan die naam?
Die by-naam “Die Hel” het niks te make met hoe warm dit word nie (dis koeler hier as op Prins Albert in die noorde of Oudtshoorn in die suide). Dié bynaam is blykbaar te danke aan ’n vee-inspekteur van Calitzdorp, Piet Botha, wat skape tydens ’n droogte in die jare twintig in die kloof moes kom dip. Die reis per donkiekar by Die Leer af was vir hom “hel op aarde”. Die Gamkasklowers het nooit vat gekry aan dié naam nie.

Bo-oor, onderdeur, sywaarts en af.
Verskeie voetpaaie het na die Gamkaskloof gelei. Die beroemdste een was Die Leer, ’n gevaarlike noordwestelike deurgang uit Prins Albert se rigting. Twee poorte langs die Gamkarivier se noord-suidvloei het as Onderpoort of Suidpoort (suid van Calitzdorp) en Noordpoort (in die rigting van Prins Albert) bekend gestaan. Die Noordpoort-uitgang, wat ook Skietpoort genoem is, is in 1969 toegemaak toe die Gamkapoortdam gebou is.

Vergete en vergange.
Nadat die gruispad in die jare sestig voltooi is, was dit nie meer nodig om die berg met ’n donkie oor te steek nie. Die donkiepaaie het in onbruik verval en toegegroei.

Fokuspunt.
Die Gamkaskloof is een van 34 biodiversiteitfokuspunte ter wêreld. (Dis gebiede waar ’n besondere hoeveelheid plantsoorte voorkom wat uniek is aan die gebied en deur ontwikkeling bedreig word). Dié kloof is die enigste fokuspunt in ’n dorre streek; jy stap op een dag deur vetplantryke Karoo-, subtropiese ruigte-, bergfynbos- en renosterveldplantegroei.

(Let wel: Pryse akkuraat vir Junie 2009)

Lees die volledige storie:

Terug na stap | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 30 Oktober 2009 | 16:45:39

Ek het dié artikel baie geniet aangesien ek een maal 'n maand Hel toe gaan. Ons is tans besig met die herstel van die pad na Huis Marais Cordier en ek is die projekbestuurder op dié projek.

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen verwante stories

  • Geen verwante stories...

Verwante foto's

Sien meer

Search Walksarchive

Staptoerusting

Bly gemaklik droog selfs in geniepsige weer

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek