Klagtes oor oom Paul se rugsakroete
Ons was ‘n groep van 15 mense wat die naweek van 17-19 April 2009 Oom Paul se roete (Machadodorp) meegemaak het. Weens baie verwysings wat ek oor die roete gekry het, het ons besluit om as 'n groep dit mee te maak. Ongelukkig het ek ‘n paar klagtes oor die roete.
1. Die hande wat die eerste dag se roete aan dui en wat later voetjies of kolle of strepe word is uiters verwarrend. Die hande is nie duidelik sigbaar nie, en by party plekke was die roete swak gemerk.
Ek wil voorstel dat die roete eerder verskillend gemerk moet word om verwarring te voorkom. Daar was ‘n ander groep wat veronderstel was om by die ander oornaghut oor te slaap, maar omrede hulle nie die regte aanwysing gehad het nie, het hulle by ons oornag.
2. Hulle het saam met ons begin om die roete na die Vakashani-kamp te volg, maar weens die verwarring van die hande en voetjies wat die roete aandui, het hulle weer die aand by God’s Window deur gebring.
3. Verder is daar van die sporte van die brûe wat stukkend is en kort dringend aandag. Ek wil graag ‘n voorstel maak in die verband en net vra dat daar ekstra lyn of draad gespan word langs die gedeelte om dit net veiliger te maak.
4. Asook die oorgang by die Bride Leap Waterval. Is daar nie dalk ‘n moontlikheid om eerder daar ook ‘n brug of oorgang te kan bou nie? Daar staan wel ‘n bordjie om aan te dui dit is gevaarlik, maar indien die water te erg vol is waar moet ‘n mens dan oor? Daar is geen plek wat dit aan dui nie.
Gelewer op 5 Julie 2010 | 17:46:03
Ek glo hierdie inligting het die regte persoon bereik. Ons het hierdie roete aan die begin van April 2010 gestap en die roete was onlangs en ordentelik gemerk. Die brue is heeltemal veilig. Ons enigste probleem was die kruising van Bride's Leap Waterval wat baie gevaarlik was omdat die rivier sterk gevloei het van die baie reen. Dit was 'n wonderlike roete om te stap in 'n pragtige omgewing. Die akkomodasie is van die beste wat ek nog op 'n staproete gesien het. Dit is defintief 'n roete wat gedoen moet word.
Gelewer op 16 Oktober 2009 | 16:49:22
Het jy hierdie by die regte mense aangemeld? Bv. Deur wie ook al julle bespreek het, en of die eienaars van die staproete? Anders bereik mens niks deur so iets HIER te noem nie, of hoe?




















Kommentaar