Invalid ShopFeature.

Die Otter: Moeder van staproetes


Herman het ’n paar sykouse in sy rugsak. Gert-Jan, weer, het verseëlde sakkies maalvleis wat hy self in die oond gedroog het. En Theodor en Carel is tans midde-in ’n druk bespreking oor hoe om te keer dat jou klere en ander goed in jou rugsak nat word.
    Hy pak sy goed in ’n swart vullissak in sy rugsak, sê Theodor.
    Carel glo weer aan ’n doodgewone kunsmissak in syne.
    Ek lê op my bed in Hikers Haven op Nature’s Valley naby Plettenbergbaai en luister effe besorgd na hulle, want ek het nie sykouse, gedroogde maalvleis, vullissakke of kunsmissakke nie. 

Ek moet bieg, ek is nogal skrikkerig. Môre begin stap ons die Otter-voetslaanpad, Suid-Afrika se bekendste en gewildste staproete – meer as 40 km, vyf dae lank, berg op en berg af, deur sewe riviere, sonder ’n Spur of Wimpy tussen-in. En ek het nie noemenswaardige stapondervinding nie.
    Ek het ook pas opgemerk Carel sit ’n bottel room wat jy aan baba’s se seer boude smeer in sy rugsak. Weet hy iets wat ek nie weet nie?
    Herman, Gert-Jan, Theodor en die ander wat saamstap – net twaalf mense word per dag op die roete toegelaat – is almal ervare stappers. Ons het vroeër vanmiddag hier aangekom en slaap almal in ’n groot vertrek op die solder van die gastehuis.
    Môre-oggend los ons die motors hier by die Tsitsikamma- nasionale park se De Vasselot-kampeerterrein en dan neem ’n bussie ons na Stormsriviermond waar die roete begin.
    Ek slaap lig.

Terug na stap | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 18 Julie 2011 | 14:18:10

Ons het verlede week klaar gemaak met die Otter, dit is AMAZING!!! Maak seker jy vat 'n kamera saam en dra 'n paar enkel sykousies onder jou stapsokkies, nie een van ons het blase gekry nie. Die staproete is nogals taai op jou kniee, maar oor die algemeen beter as wat ek verwag het. Die roete is duidelik en die hutte pragtig en skoon. Dit was 'n wonderlike ervaring, behalwe die 4de aand. Iemand het by albei die hutte ingekom (hulle kan nie sluit nie) en in van die sakke gegrawe en van ons besittings gevat. Maak net seker julle sit julle sakke die 4de aand onder die beddens of ver van die deur af. Verder was dit die beste ooit! Ek sal dit definitief weer gaan doen. P.s Bloukrans is nie so erg nie, sorg net dat jy laagwater daar is. Maak ook seker dat julle Elandsbos en veral Lottering om en by laagwater oorsteek, ons het lekker nat geword en is heup-diepte deur die twee!

Gelewer op 22 November 2010 | 23:32:50

ons gaan die otter volgende jaar gaan stap in aug! hu is dir weer daai tyd van die jaar? en slaap mens elke aand in n huisie? baie dankie! sien al kla baie uit da na!!!

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Verwante foto's

Sien meer

Search Walksarchive

Staptoerusting

Nuttig as jy gaan visvang en nie ’n lastige muskiet kan wegwaai of nóg Tabard...

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek