Magoebaskloof
Om die mooiste van Magoebaskloof te sien moet jy van die teerpad af op die bospaadjies indraai. Maar by die heel mooiste plekke kan jy net te voet uitkom.
In 'n neutedop
Waar bespreek ek?
By Komatiland-ekotoerisme: 013-754 2724; ecotour@klf.co.za
Lees meer oor die roete by www.komatiecotourism.co.za.
Wanneer moet ek gaan?
Volgens Komatiland-ekotoerisme is die beste tyd van die jaar April of Mei, want 90% van Magoebaskloof se jaarlikse reënval (1 100-2 000 mm per jaar) val tussen Oktober en Maart.
Wat kos dit?
R65 p.p.p.n. Woodbush en Seepsteen lê naby mekaar, so ook Broederstroom en Waterval en De Hoek en Dokolewa. Jy het dus ’n keuse tussen warm water (by De Hoek en Broederstroom) of ’n mooier ligging – soos by Dokolewa.
Hoe kom ek daar?
Van Gauteng af neem ’n mens die N1 noord en draai voor Polokwane op die R71 na Tzaneen. Ry ongeveer 70 km, deur Haenertsburg, en draai links by die Houtbosdorp-bordjie om by Woodbush-hut uit te kom, óf draai nog ongeveer 7 km verder links na die Debegeni-waterval om by De Hoek uit te kom. Jy’t nie ’n 4x4 nodig nie.
Wat pak ’n superstapper?
Jan en Chel-Marí Spies is al twee dosente in rekenaaringenieurswese én studente in avontuurtoerisme aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie. Hulle dra dié nuttige goed saam.
Steun vir jou knieë. “Dischem se stapstokke is seker eintlik vir verswakte mense bedoel, maar dit werk net so goed soos dié in buitelewewinkels en kos ’n kwart van die prys,” sê Chel-Marí.
Stapstok: R50
Droomroom. Met aanmaakroom kan jy ingelegde perskes voorsit wat lyk asof ’n Franse sjef dit beetgehad het. Jy gooi ’n koppie water by, klits dit vir ’n minuut en siedaar!
Creamo-poeierroom: R7
Twee-in-een tandeborsel. Die probleem? Jou elektriese tandeborsel is ’n bietjie swaar om op ’n staptoer saam te dra. Die oplossing? Met hierdie staptandeborsel druk jy ’n bietjie tandepasta in die handvatsel uit en alles skroef dig toe.
Pack-Lite-tandeborsel: R45 by Hikers Paradise
Aan die brand. “Jy kan jou hande warm maak terwyl jy water kook,” gesels Jan oor hulle Trangia-stofie, wat met brandspiritus werk. Dit word nie meer ingevoer nie, maar jy kan ’n soortgelyke produk in Bloemfontein bestel.
Trangia-spiritusstofie: R150 by OFS Canvas (* 051 447 6807)
Haak vas. Haak jou handdoek of ’n hemp wat nog moet droog word, aan dié hakies wat jy aan jou rugsak vasmaak.
Pak van 3: R15 by Cape Union Mart
Wat sê ander stappers?
Thea Campher
Verpleegster
“Omdat dit my eerste keer was, het ek glad nie geweet wat om te verwag nie. Volgende keer sal ek minder klere bring en vir my ’n stapstok kry.
Die nuwe jel-plakkers van Scholl wat ek op my toon geplak het om ’n blaas te keer, het goed gewerk – ek het dit glad nie gevoel nie.”
Jana Walker
Sjef
“Ek het eers nie van die kleur van my neongroen windjekker gehou nie, maar al sy funksies vergoed daarvoor: Dit keer die wind, haal asem, is lig en neem min plek op. Ek het dit vir R90 by Pick & Pay gekoop.
As ek weer stap, sal ek ’n groter verskeidenheid drinkgoed pak, want ’n mens raak moeg vir Game.”
Darius Venter
Elektroniese tegnikus
“My bodywarmer van Hang Ten het lekker gewerk – in die twee dae terwyl ons gestap het, het ek hom nie een keer uitgetrek nie. Ek sal beslis weer ’n bier saamdra!”
André Venter
Tegnikus
“Ek sal meer rooiwyn inpak en rump steak bring!”
Michiel Meyer
Dosent
“Ek het vir my Merrell se Switchback Gore-Tex-stapskoene gekoop nadat my vorige paar in die Drakensberg die gees gegee het. Dit het ’n Vibram-sool wat die impak van klippe versprei en die Gore-Tex-materiaal lei vog van jou voete af weg. Ek is baie tevrede!
Verder hou ek daarvan om ’n gaslampie in te pak, want dis lekker om vir almal lig te kan maak.”
Lawrette McFarlane
Fotograaf
“Ek sal nooit weer afdraandes sonder ’n stapstok aanpak nie. As jy nie die heel beste knieë het nie, is dit ’n moet. Ek sal ook meer southappies inpak – ’n mens raak moeg vir soetgoed.”
Gelewer op 5 Augustus 2011 | 20:38:12
Alright alright alright that's ecxatly what I needed!





















Kommentaar