Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Die Fanie Botha-staproete


Op die Fanie Botha-roete wissel die omgewing dramaties: Soms stap jy op die kaal platorand en op ander plekke deur inheemse bos of klowe.
zoommore

Op die Fanie Botha-roete wissel die omgewing dramaties: Soms stap jy op die kaal platorand en op ander plekke deur inheemse bos of klowe.

Die Fanie Botha-staproete tussen Sabie en Graskop is 35 jaar gelede in 1973 geopen as Suid-Afrika se eerste amptelike roete vir voetslaners. Anim van Wyk en Lawrette McFarlane het gaan kyk hoe dit deesdae met dié oupa gaan.
   
Ons sit soos ’n spul dassies op die rotse by Maritzboshut, die eerste oornagplek op die Fanie Botha-staproete in Mpumalanga. Voor ons voete kabbel ’n stroompie. Dis agtermiddag, die einde van die eerste dag.
    Vanoggend het ons laat uit Johannesburg hierheen begin ry omdat ek my wekker verkeerd gestel en verslaap het. Op pad het die gewone bekommernisse gekarring: Gaan die weer hou? Waar gaan ons die karre los? Sal die groep van ses met mekaar oor die weg kom? Het ek die Voltaren onthou?
    Ek druk my voet in die water en voel hoe Johannesburg, die kantoor, die pad en die kwellinge uit my vloei.

Dis wat ’n staproete aan jou doen...
Eenkant bestudeer Lawrette, ons fotograaf, die eerste blaas op haar voet. Madré en Jaco, wat eersdaags trou, waag dit om te swem. Die rivier is ’n lafenis nadat ons vanmiddag omtrent 8 km in die son en stof oor bosboupaaie hierheen aangestryk. Die eerste dag se roete moes in sy geheel verlê word nadat ’n brand twee maande gelede meer as 170 km2 se plantasies verswelg het. Plek-plek smeul die berg nog en die meeste van die bome het tot houtskool verbrand.
    Die Fanie Botha-roete was een van die eerste groot voetslaanroetes in Suid-Afrika en ek wil vasstel of dit steeds op elke stapper se moetdoenlysie hoort. Tot dusver was die enigste ligpunt die Lone Creek-waterval, wat lyk of dit uit ’n ander toneel geknip en hier geplak is. 
    Vir aandete eet ons braaivleis, boontjieslaai, pasta alfredo, Smash en braaibroodjies. Selfs die opsigter eet saam. ’n Paar rugsakke gaan beslis môre ligter wees. Ook maar goed so, dink ek toe ek die geverfde voetjies sien wat reguit wys na die berg wat bo die hut uittoring.

Terug na stap | Terug na bo


Kommentaar

Gelewer op 12 September 2011 | 21:48:07

Four score and seven minutes ago, I read a sweet atricle. Lol thanks

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen verwante stories

  • Geen verwante stories...

Verwante foto's

Sien meer

Search Walksarchive

Staptoerusting

Bly gemaklik droog selfs in geniepsige weer

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek