Argief - Soek enige artikel uit Weg!

Ses dae oor die Drakensberg se rug


Die Drakensberg is een van die voorste stapbestemmings in Suider-Afrika. Jy móét eenvoudig een keer in jou lewe bo-op daai platorand staan.
zoommore

Die Drakensberg is een van die voorste stapbestemmings in Suider-Afrika. Jy móét eenvoudig een keer in jou lewe bo-op daai platorand staan.

Die Drakensberg is een van die prima stapbestemmings in Suider-Afrika. Jy móét eenvoudig een keer in jou lewe bo-op daai platorand staan. Esma le Roux en Dawie Verwey het met ’n (dééglik) gepakte rugsak ’n goeie 3 000 m geklim en ses dae lank die Draak in al sy glorie beleef.
    “Lang dag?” vra die oom wat pas by die portaal van die Cathedral Peak-hotel uitgestap het. Ek sit buite onder ’n afdak en staar die donkerte in.
    Dis negeuur die aand. Reën stuif op die plaveisel voor my neer. Al twee my nat broekspype is op die kniekoppe geskeur. Druppels loop teen my reënbaadjie se mou af, en ek is só moeg ek het nog nie eens my koplig afgehaal nie...
    Vyf dae gelede het nege van ons by die Sentinelpiek in die Vrystaat begin klim tot op die Drakensbergse platorand. Toe het ons vier dae lank bo-op gestap tot by die uMlambonja-pas, 66 km verder, waarlangs ons vanoggend afgekom het.
    Ons het om agtuur vanoggend begin stap en nóú eers by die hotel aangekom... 12 uur later, druipnat, koud en honger.
    “Hoekom?” vra ek myself af terwyl ek ’n klossie klitsgras uit my nat sokkie trek. 
    Kyk, daar is ’n paar dinge wat mens in jou lewe móét doen – roei op die Oranjerivier, Tafelberg uitklim, deur die Visrivier-canyon stap... party kos ’n bietjie meer bloedsweet as ander, maar die beloning is groot. En die Drakensberg is elke tree werd.

Bron: Barrier of Spears: Drama of the Drakensberg deur R.O. Pearse

Terug na stap | Terug na bo


Kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in







Geen verwante stories

  • Geen verwante stories...

Verwante foto's

Sien meer

Search Walksarchive

Staptoerusting

Bly gemaklik droog selfs in geniepsige weer

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek