Spaar daai kleingeld!
Ons kamp meestal in tente. Ons spaar ook al ons kleingeld deur die jaar, en wanneer ons met vakansies gaan is daar altyd n geldtjie vir die kinders. Verder as ons braai en daar bly oor omskep ons dit om in n lekker ontbyt. Kinders is gelukkig en ouers is tevrede. Nou is kinders groot en ons gaan nog so voort. Net ons gebruik nou daai spaar geld wat vir ons n vakansie neseirtjie geword het op ons self en plan B is maar om die weg dop te hou vir goedkoper wenke.
terug na planb's | Terug na bo
Gelewer op 14 Desember 2011 | 15:46:09
Vyfrande pas presies in metaalbuisie-pilhouers (soos Corenza). Slim wegsteek plek en hou dit mooi netjies. As ek nou reg onthou pas daar net-net onder R200 se vyfrande in 'n Corenza houer :-)
Gelewer op 16 Augustus 2011 | 16:18:50
Vriende van ons betaal weer niks met kleingeld nie. Hulle het 'n groot bottel waar alle munte ingegooi word en aan die einde van die jaar betaal die bottel geld hulle vakansie.
Gelewer op 5 Augustus 2011 | 12:59:20
Bev en ek spaar alle R5'e in ons beursies, maak elke aand as daar is leeg, alle kleiner gaan SPCA toe. Dit maak soveel verskil en werk n aarde bedrag uit vir kos en veearts koste vir hulle.

















Kommentaar