Argief - Soek enige artikel uit Weg!



Invalid ShopFeature.

Gigakiekies

Hier's hy nou!

Kyk net hoe mooi is die Jakarandastad. Loftus Versfeld, die Uniegebou en selfs die Voortrekkermonument is sigbaar as jy inzoem met jou muis. Onthou ook om te klik op die volskerm-opsie, heel regs in die navigasiekolom op die foto.


En nou volg Egoli...

Hier is die tweede van ons reeks gigakiekies nou: Johannesburg.

Geniet die Goudstad en onthou om te zoem met jou muis!


Zoem soos nog nooit op die Wegwerf

Ons weet hoe mal Weg-lesers oor foto's en mooi plekke is. Daarom begin ons hier met 'n reeks merkwaardige foto's wat jou toelaat om te zoem dat dit bars.

Ons skop af met Kaapstad, maar ons werk aan nog foto's van Johannesburg en Pretoria, so hou gerus dié blad dop. - Webspan.

Hoe werk dit? Die foto hieronder, geneem van Duiwelspiek se kant, lyk doodgewoon totdat jy met jou muis daaroor begin rol. Met die maklike navigasiesleutels kan jy links of regs, op of af binne die foto rondbeweeg en zoem dat dit bars.

Hoe is dit moontlik? Slim tegnologie en 'n geduldige fotograaf. Die Kaapstadfoto hierbo bestaan inderwaarheid uit sowat 1 500 afsonderlike, ingezoemde foto's. Die foto's word byna soos teëls gelê binne die fotoraam. As jy dink jou mik-en-druk se vakansiefoto's van 5 megaspikkels is groot... hierdie foto is 5 690 megaspikkels (of 5.7 gigaspikkels). Vandaar sy noemnaam: 'n gigakiekie.

Hoor 'n bietjie hier:
As jy al die foto's waaruit sò gigakiekie bestaan langs mekaar sou pak en uitdruk, sou die drukstuk 50 m x 10 m groot wees.



Kommentaar

Gelewer op 17 September 2010 | 08:49:12

fantasties!! Dankie dat jy dit met ons share!!!!! Liezel, CT!

Gelewer op 9 September 2010 | 18:29:52

Dit is fantasties. Ek belewe Kaapstad opnuut. Groetnis, Onno Heida, Amsterdam, Nederland

Gelewer op 30 Augustus 2010 | 09:28:15

Die tegnologie is darem wonderlik veral vir ons ouer garde Skitterend! Soveel moontlikhede!

Meld misbruik aan

Lewer kommentaar op hierdie artikel


Tik asseblief die kode in

Search Photogalleriesarchive

Staptoerusting

Dié houer is waterdig.

Lees meer



Verkeerde besoekersnaam en wagwoord

Wagwoord vergeet?

As jy registreer kan jy:

Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek
Corner/Hoek