Die Neusberg-stuwal nader aan Kakamas help om besproeiingswater te reguleer. Die naam kom van die Neusberg (in agtergrond), wat blykbaar soos iemand se neus lyk uit 'n sekere hoek.
Kommentaar
Kokerboompad
Deur Toast Coetzer Gepubliseer op 13 Augustus 2010
Tussen die rivier en die kokers
Die R359 tussen Upington en Kakamas (sowat 90 km) loop suid van die Oranjerivier via klein plekkies soos Swartkop, Louisvale, Raaswater, Eksteenskuil, Neilersdrift en Koms. Jy ry plek-plek teenaan die rivier, dan sien jy weer wingerde en die pad swenk 'n paar keer verder weg van die rivier, deur mooi koppies en rante waar daar orals melkbosse en kokerbome staan. Die plaaslike toerisme-mense beplan om binnekort 'n Kokerboom, Kos en Wynroete hierlangs oop te maak, maar intussen kan jy op jou eie pas hierdie rustige plaaswêreld gaan verken.
Vir meer inligting, skakel Maxi Compion op Keimoes: 054 461 0004 en lees Toast Coetzer se artikel in Weg #71 (September 2010).
Kommentaar