Die R359 grondpad tussen Upington en Kakamas loop al op die suidelike oewer van die Oranjerivier langs. Dit kan met enige voertuig gery word.
Kommentaar
Kokerboompad
Deur Toast Coetzer Gepubliseer op 12 Augustus 2012
Tussen die rivier en die kokers
Die R359 tussen Upington en Kakamas (sowat 90 km) loop suid van die Oranjerivier via klein plekkies soos Swartkop, Louisvale, Raaswater, Eksteenskuil, Neilersdrift en Koms. Jy ry plek-plek teenaan die rivier, dan sien jy weer wingerde en die pad swenk 'n paar keer verder weg van die rivier, deur mooi koppies en rante waar daar orals melkbosse en kokerbome staan. Die plaaslike toerisme-mense beplan om binnekort 'n Kokerboom, Kos en Wynroete hierlangs oop te maak, maar intussen kan jy op jou eie pas hierdie rustige plaaswêreld gaan verken.
Vir meer inligting, skakel Maxi Compion op Keimoes: 054 461 0004 en lees Toast Coetzer se artikel in Weg #71 (September 2010).
Kommentaar